Skip to Content

Kapokbos

Die Kapokbos is maklik herkenbaar aan sy donsies. Wanneer donsies verskyn is sterk verwant met reënval so somer en winterreënvalstreek verskil. 

Die genus naam van die Kapokbos is Eriocephalus en uit Grieks afkomstig; erion, = wol en kephale, = kop; wat verwys na die kenmerkende wollerige vrugknoppe.

Die volksnaam Kapokbos is baie opvallend as jy eers deur die Karoo gery het as dit gekapok/sneeu het. In die fotos het ons vir julle ’n voorbeeld van hoe kapok lyk op die bossies in die veld. En as mens dit vergelyk met die Kapokbos self verstaan jy baie gou waar hy sy naam vandaan gekry het. 

Daar is 'n verskeie familielede, Gewone Kapokbos, Doringkapokbos Karookapok, Boegoekapok en verskeie ander, elkeen met sy eie waarder. 

Partykeer word daar na die Kapokbos verwys as Wilde Roosmaryn, en mens kan die verwantskap sien en ruik, maar die Roosmaryn wat jy in die winkel koop en Wilde Roosmaryn is nie familie nie. 

Tog is die gebruik van die Kapokbos in kos ’n algemene gebruik gewees deur die Khoi-San. Eve Palmer verduidelik dat sy net die takkies onderstebo hang om droog te word en gebruik dan die Kapokbos se droe blare soos enige ander kruie in jou kombuis, en kan maklik dien as plaas vervanger vir Roosmaryn. 

Interessant is dat die Kapokbos een van die bossies is wat geïdentifiseer is as die kos waaraan die skape in die Karoo veld  wei wat Karoo vleis daardie geurige smaak gee.

Die Khoi-San het die Kapokbos ook vir verskeie mediese redes gebruik, soos om sweet en die vloei van urine te verhoog, en soms as koue- en koliekmiddels. Dit stimuleer blykbaar haargroei ook, wat ironies genoeg ook ’n kenmerk is van die regte Roosmaryn. 

Daar word ook vertel dat die donsies geoes is om kussings mee te stop. Die heerlike geur, maar tog strek is afweer middel vir vlooie en luise. 

Eriocephalus punctulatus word ook Cape Chamomile genoem en internasionaal gebruik as ‘n essensiële olie. Vir die wat meer wetenskaplike inligting soek, daar is ‘n hele thesis wat iemand gedoen het om die chemiese waarde van die gene uiteen te sit, baie interessant. En net weereens herinnering dat ons eindelik nog so min weet van al die wonderlike plante wat hier in ons veld groei. 

Bronne:

  • Anon., 2023. Nama-Karoo Plants and Veld phone application, s.l.: Loaraine Van Den Berg.
  • Anon., n.d. [Online] besoek 12 Jan 2024
     Available at: https://pza.sanbi.org/eriocephalus
  • Anon., n.d. Plant names. [Online] besoek 12 Jan 2024
     Available at: https://www.plantnames.co.za/genus_family.php?family=18
  • Njenga, E. W., 2005. The chemotaxonomy, phylogeny and Biological activity of the genus Eriocephalus l. (asteraceae), Johannesburg: Thesis, University of the Witwatersrand.
  • Palmer, E., 1985. In: The South African Herbal . Kaapstad: Taferberg.
  • Wyk, B.-E. v., Available online 25 July 2008. A review of Khoi-San and Cape Dutch medical ethnobotany, s.l.: Journal of Ethnopharmacology.

Etikette