Kamdeboo
Die woord Kamdeboo se oorsprong is ook uit die Khoekhoe-taal. ’n Paar moontlike betekenisse doen die ronde, wat “groen hoogtes” en “groen poel” insluit, en sommige praat van “groen seekoeipoel”.
!am !gam, !cam, !kam – is almal woorde wat na die kleur groen verwys van die stamme wat in die omgewing was.
Die algemene aanname is dat die groen na die spekbome verwys wat volop in die streek is. Hul heldergroen kleur is duidelik sigbaar, veral teen die berghange.
Die eerste plek waar ek Kamdeboo (Camdeboo) op ’n kaart kry is in Sir John Barrow se joernaal van die reis deur Suider Africa van 1797 – 1798
Bronne:
- An account of travels into the interior of Southern Africa, in the years 1797 and 1798 deur Barrow, John, Sir
- Notes on Khoekhoen Place Names deur P. Raper - South African Journal of Science Vol. 75 October 1979 pages: 448 -451
- Toponymica Hottentotica deur G.S. Nienaber & P.E. Raper
- Recognition, Regulation, Revitalisation - Place Names and Indigenous Languages - Proceedings of the 5th International Symposium on Place Names 2019 – Editor Chrismi-Rinda Loth