Skip to Content

Ysgletservloer

Net ‘n entjie verby die Hantam Botansiese tuine buite Nieuwoudtville sal jy die spore vind van ysgletsers.Die gletsergroewe is sowat 300 miljoen jaar gelde deur ys veroorsaak toe suidelike Afrika as deel van die Gondwana superkontinent oor die Suidpool beweeg het. Puin deur die gletser vervoer, het die keisteensand klei mengsel (tilliet, diamiktiet) van die Dwyka formasie opgebou. Brokstukke in die ys het skraapmerke op die glad geskuurde sandsteenvloer van die Tafelberg Groep gemaak, asook dieper vore in die dun laag los sand geploeg, wat onder die gletser aangesamel het. Liniêre rûe en ovaal vorminge bulte het ontstaan deurdat plastiese sand in die holtes onder die ys ingepers is. By Oorlogskloof is die vloei van die gletser deur die paleohelling of ‘n yslob uit die ooste wes-noordweswaarts gerig, maar die algemene beweging van die veel groter ysplaat oor die Boesmanland was suidwaarts en weswaarts.Daar is 'n klein ingang hekkie en mens moet so 500m stap om by die ysgletservloer te kom. Daar is nie 'n formele ontvang nie. Dankbaar vir die eienaars van die plaas om die publiek toegang te gee.

Sien & Doen
Besienswaardigheid
Besienswaardigheid
  • Geografie
  • Geskiedkundig
  • Museum en/of Monument
Link copied!
Besienswaardigheid

Trading hours

  • Monday: Closed
  • Tuesday: Closed
  • Wednesday: Closed
  • Thursday: Closed
  • Friday: Closed
  • Saturday: Closed
  • Sunday: Closed

Address

Oorlogskloof Rd, about 7km out of Nieuwoudtville