Van Wyksdorp Tourism
Besoek www.vanwyksdorptourism.com vir meer inligting oor slaapplekke, restaurante en aktiwiteite.
Van Wyksdorp is ‘n klein plattelandse dorpie geleë op ‘n grondpad vanaf die R62 in die Klein Karoo, in die Weskaap van Suid Afrika.
Nabygeleë dorpe is Ladismith 45km (33km grondpad), Calitzdorp 55km (52km grondpad oor ‘n bergpas) en Riversdal 67km (45km grondpad).
Met ‘n bevolking van ongeveer 1000 is Van Wyksdorp die tuiste van ‘n menigte interessante, kreatiewe en meeliewende mense uit alle lewensterreine. Dit is beslis die reis werd om hierdie ongerepte juweel van die Klein Karoo te ervaar!
Dienste
Toerisme