Thornsprings Guest farm
Gerieflike en luukse plaasverblyf. Uitstekend vir langer verblyf en groter groepe familie en vriende - gemaklike binne en buite sitplek, kaggels en 'n swembad. Goed toegeruste kombuis vir selfsorg met 'n instapyskas en Nespresso-masjien.
Thornsprings het 6 en suite-slaapkamers en het slaapplek vir altesaam 15 gaste.
Pryse begin by R750 p/pns - min van 4 gaste en 2 nagte se verblyf, maar word aangepas vir 'n beter tarief per persoon vir groter groepe.
Dit is ten volle selfsorg met daaglikse huishouding.
Kom geniet die karoo op sy beste.!