Skip to Content

The Waterhole Rugby Museum

‘n Baie interessante museum, wat uit passie begin het. Barry Naude versamel al rugby memorabilia van 10 jarige ouderdom. Sy fokus is die geskiedenis en ontwikkeling van rugby in ons land. Die museum is op sy plaas in ‘n ou dam wat toegebou is. Hier is items soos die oorspronklik tokse wat nog leer as “spikes” het. En die ou provinsies truie langs die nuwe unies se truie. Die embleme van verskillende spanne en vele meer. 

Sy kennis is wyd en die droom is daar dat iemand wat hulpbronne het, kan help dat die museum kan skuif na ‘n groter fasiliteit in ‘n dorp dat meer van die items uitgestal kan word en meer mense ons land se rugby geskiedenis kan waardeer. 

Daar kort wel nog navorsing oor die ou kleurling en swart liga spanne, wat hy nog wil doen. As enige iemand dalk kan help inligting of nog memorabilia kan julle hom gerus kontak. 

Dis museum is op ‘n werkende plaas, so daar moet ‘n dag vooraf reëlings getref word om te besoek. 

Sien & Doen
Besienswaardigheid
Bookings: Verpligtend
Besienswaardigheid
  • Museum en/of Monument
Link copied!
Besienswaardigheid

Contact Details

  Show phone number


Address

Driekoppen Farm, Noupoort