Steytlerville Wildlife Rescue Centre
Die reddingsentrum, wat 15 jaar gelede begin is, rehabiliteer beseerde/weesgemaakte klein wild wat, waar moontlik, na die natuur teruggekeer word. Besoekers kan hierdie diere in hul kampe sien, maar interaksie word nie toegelaat nie. Dit word deur Natuurbewaring goedgekeur.
Ons spesialiseer in die rehabilitasie van vlermuisoorjakkalse maar ons inname wissel van wildsbokke, reptiele, voëls en ander spesies.
Befondsing word deur ons liefdadigheidswinkel gegenereer - kuns en kunsvlyt sowel as versamelstukke is te koop. Langsaan is 'n boekwinkel vir die boekwurm - van moderne boeke tot antieke boeke - 'n blaaier se plesier!