Save the Sheep Products
Save the Sheep is oorspronklik gestig deur vyf vrouens, vrouens met die hart en dryfkrag om 'n gemeenskap in die Karoo te red van die mees verwoestende droogte in meer as 'n eeu. Die doel van hierdie projek was eerstens om openbare bewustheid van die droogte en die gevolge daarvan te skep. Tweedens om 'n inkomste te bied aan die deelnemende vrouens deur hulle in staat te stel om 'n inkomste te verdien om hul gesinne, mans en hul plase te onderhou.
Droogte het baie gesigte. Een van verwoesting, sterwende diere, krimpende inkomste en werksverliese. Ons het besluit om op te staan en hande te vat, om geleenthede wat oor ons pad kom aan te gryp en ons swaarkry in 'n positiewe uitkoms te verander.