Outsiders B&B
Outsiders het twee gerieflike en suite-dubbelkamers, elk met privaat ingang en stoep
Maak jou gemaklik op die stoep en kyk hoe die “verkeer” van Martinstraat by jou verbygaan of, as die gogga jou byt, stap na die bekende Uilhuis, net voor jou voorstoep.
Geniet 'n rustige nag se slaap, sonder geraas en geen kunsmatige lig om die stilte van die nag te versteur nie. Slaap tussen die katoenbeddegoed en Karoo-bokhaarkomberse is hemels.
Geniet 'n stewige ontbyt met aanloklike keuses van vrugte, muesli en graan, tuisgemaakte brood en konfyte, Karoo-heuning en jogurt met tee of varsgebroude "Sweet Italian"-koffie van Masterton's, alles vergesel met 'n bord spekvleis, eiers, ui en vars spinasie uit die tuin.