Oewerkonyn geoglyph Dinkwandelpad
Loxton - Oewerkonyn geoglyph Dinkwandelpad (Thinking Path)
(Geoglyph is 'n grootskaalse tekening of beeld wat op die grond gemaak is deur lyne van klippe te rangskik, die aarde te krap, ens., en dikwels net volledig sigbaar van 'n afstand of die lug.)
Die geoglyph van die oewerkonyn in Loxton is gemaak om bewustheid vir die oewerkonyn te bevorder, en sluit ‘n klein uitbeelding van ‘n rooijakkals ook in.
As jy by Loxton indraai van die R63 af, aan jou linkerkant, sal jy die geoglyph sien. Dit is 104.5 meter (stert tot toon) x 90 meter (oor tot voet), wat op 'n wandelpad van ±1097 meter neerkom vir 'n vinnige 25 minute stap.
Neem die eerste straat links en stop by die hekkie, dit is nie gesluit nie. Dan kan jy rustig die klippe pad volg.
Die oewerkonyn is ‘n sku konyn wat tans op die rooi-data-lys vir bedreigde spesie is. So as hom waarneem op jou plaas, laat weet asseblief die Endangered Wildlife Trust by e-pos: ewt@ewt.org.za.
Sien & Doen
Besienswaardigheid