Magriki Naturals
Gebore in die hartjie van die Karoo, net buite die bekende historiese dorpie Graaff-Reinet, is die Magriki-handelsmerk uit nood gebore toe eienaar, Wilna, se eerste dogter (nou 20) by geboorte met allergieë gesukkel het.
Wilna wou verseker dat haar gesin slegs aan natuurlike, organiese en tuisgemaakte kosse en produkte op 'n daaglikse basis bloot gestel word.
“Ek het besef hoe ver van ‘natuurlik’ ons lewens geword het. En eintlik is dit nie 'n moeilike reis nie. Hoe meer ons simplifiseer en ontslae raak van al die 'plastiek' en harde chemikalieë in ons lewens, hoe gesonder en meer vreugdevol word die pad.” Wilna (eienaar van Magriki).
Wilna het begin om haar eie 100% natuurlike room en seep te maak. Sy het die lewensveranderende en genesende eienskappe van kruie ontdek en het besluit om essensiële olies in meeste van haar produkte te gebruik. By Magriki gebruik ons net natuurlike olies, botter en essensiële olies om te help om die vel te genees en te voed.