KVB Victoria Wes
KVB is in die vroeë 1930's deur plaaslike boere in die Victoria-Wes-distrik gestig toe hulle na 'n stelsel gestreef het. om die bemarking van vee te help bevorder. Oor die jare het ons gegroei as 'n landbou korporasie wat vandag bestaan uit 5 takke en kan gevind word in dorpe soos Victoria-Wes, Loxton, Carnarvon, Murraysburg en Vosburg.
Ons verskaf omvattende kwaliteit dienste en produkte aan nie net die boeregemeenskap nie, maar enige persoon in behoefte aan kwaliteit produkte en dienste van die Suidelike Bo-Karoo streek.