Kedoedels Geskenkewinkel
Besoek ons eienaardige geskenkwinkel en jy sal unieke produkte vind.
Van handgemaakte produkte wat deur die plaaslike kreatiewe dames gemaak word, tot juweliersware, skoene, skilderye, skoonheidsprodukte, serpe en plaaslike kase van Langbaken Karoo kaas, koekies en brownies asook unieke items. Daar is te veel om op te noem – kom kyk maar self!
Annelida, die winkelbestuurder sal jou met 'n glimlag bedien.
Daar is ook 'n afdeling in die winkel met 'n wonderlike keuse van materiaal om van te kies, hier kan jy jou meubels gestoffeer kry van Karu Design.
Deel van Karoo Internasionaal - Geniet die gasvryheid van die Karoo!