Skip to Content

Karoo Vulture Safe Zone

Karooboere en ander grondeienaars het 'n vennootskap met The Rupert Nature Foundation, Suid-Afrikaanse Nasionale Parke, MZCPE, Endangered Wildlife Trust en SANParke Honorary Rangers aangegaan om 'n aasvoël-veilige sone van 23 000 vk km in die Groot Karoo te skep.

Die Karoo Aasvoël Veilige Sone is 'n projek waarin die veldbeamptes van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe met grondeienaars werk tussen die Berg Kwagga Nasionale Park in die Ooste en die Karoo Nasionale Park in die weste. Die projek het ten doel om grondeienaars by te staan en met fasilitering te help om hul eiendom op 'n Aasvoëlvriendelike wyse te bestuur. Dit skep dan 'n veilige omgewing vir aasvoëls, sowel as ander roofvoëls, om te aas en te vreet.

Die projek werk om bedreigings vir aasvoëls op 'n landskap en grondvlak te verminder. Hierdie bedreigings sluit in: onveilige energie-infrastruktuur wat botsings of elektrokusies veroorsaak; onbedoelde vergiftiging, opsetlike vergiftiging, loodvergiftiging deur inname van loodbesmette karkasse of weggegooide afval van karkasse; en verdrinking in plaasreservoirs.

Die Karoo Aasvoël Veilige Sone werk saam met grondeienaars, op die landskap, vir die oorlewing van aasvoëls binne die Karoo.

Die area waar ons werk sluit in: Somerset East,  Middelburg,  Murraysburg,  Cradock,  Beaufort West,  Graaff-Reinet, Pearston

Verskilmakers
Projek van groter instansie
Sektor
  • Natuurbewaring
Link copied!
Projek van groter instansie

Contact Details

  Show phone number

  Show email

  https://www.ewt.org.za/


Trading hours

No set trading hours


Address

No physical Address