Karoo Arthouse
Die Karoo Arthouse is 'n koel uitstalruimte in die hoofstraat van Steytlerville. Die gallery vertoon werk van 'n kreatiewe klomp mense wat in Steytlerville woon en werk, maar ook kuns waarvan die eienaars hou van elders. Die gallery word ook gebruik as 'n yoga ateljee.
Grafiese kuns, juwele, keramiek, beeldhouwerk, skilderye en illustrasiekuns, en alles wat mooi en interessant is, word uitgestal. Die kunstenaar (Zak Benjamin) en juwelier (Gene Arundel) werk op die perseel en verwelkom ook besoekers na hulle ateljees. Maak gerus 'n afspraak.