Hotel De Rust
As jy in die straat af ry van Willomore na Oudsthoorn ry jy deur die pragtige dorpie van De Rust. As jy van Beaufort Wes afkom, slaan Meiringspoort jou asem weg. Dan ry jy in die dorpie in. Die hotel is in die middel van die dorp aan die berg se kant.Die ikoniese Hotel De Rust wat vir dekades toe was is besig om soos ‘n feniks uit die as te verreis. Werner en Bernadette Alberts het die taak opgeneem om dié hotel se nalatenskap weer met almal te deel. Die hotel is gebou in 1953 deur Nic Shamley en dit het vining bekenheid verwerf in die kontrei as ‘n hotel en as ‘n eetplek wat die lekkerste boerekos bedien. Die watergat was natuurlik net so populêr onder die gemeenskap en reisigers tesaam. Die hotel is oorgegee aan die seun Roy Shamley wat ‘n passie vir kuns gehad het. Hy het veral die plaaslike kunstenaars ondersteun en die hotel in ‘n kunsgallery verander.Met die hotel nou in die derde geslag word dit stadig wakker uit dekades se slaap. Die hotel wat se interieur oor ‘n paar dekades strek van die 50’s tot die 80’s, vier hierdie nostalgie van ‘n verlede tyd.Die hotel se ontvangs en ingangsportaal herinner mens aan 'n tyd lank gelede verby. Tot die reuk van die hotel prikkel gedagtes uit jou kleintyd. Die kroeg bied dorslessende uitkoms vir die moeë reisiger in die warm Klein Karoo! Daar is 'n groot skerm TV waar goeie sport en klassieke rolprente gewys word. Daar is nog 'n ander kroeg uit 'n verbode era, met 'n sydeur uit Kerkstraat.Die eetsaal is ruim met 'n heerlike atmosfeer en die lekkerste kos wat uit die hart voorberei word in die ou kombuis. Die kamers is almal op die boonste vloer en gange vol skilderye vergesel jou na jou kamer.