De Rust Toerisme en Sakekamer
De Rust Toerisme en Sakekamer bestaan uit private besighede en nie-winsgewende organisasies wat hulle beywer om saam ’n positiewe verskil in die dorp te maak. Deur bestaande en nuwe projekte te koȍrdineer sodat dit mekaar aanvul en komplimenteer, kan gesamentlike doelwitte vir die dorp bereik word. ‘n Gemeenskap met ‘n gesonde maatskaplike kern is minder vatbaar vir negatiewe en afbrekende invloede. Deur samewerking tot ‘n gemeenskaplike doel word De Rust dus ‘n lekker plek vir almal.
Dienste
Klub / Vereniging