Skip to Content

Bloom by Grace

Ons bly op 'n plaas in die Merweville - distrik in die hartjie van die Karoo. Ek is 'n spontane, vriendelike, positiewe en opbouende persoon. n Boervrou.

Ons boer met Angora bokke en Afrino Skape. Ons gesin doen als saam tussen deur die tuisskool en ons leef vir die Here, die natuur en ons diere. Elkeen het sy eie verpligtinge op die plaas van die oudste tot die jongste.

Deur die droogte seisoen fisies en geestelik met tye het ek my dissipelskap vernuwe en my band sterker met God begin bou en soveel het verander. Ek het my genade gawes in Christus ontdek en so ook my Geestelike Roeping.

En het ek besluit om my besigheids aanslag heeltemal te draai na SY woord en dade. En daarom bou ek my besigheid op Efs 2:7 - in die tye wat kom, sal ons laat sien hoe geweldig groot Sy genade is deur die goedheid wat Hy in Jesus Christus aan ons bewys het.

Ek doen wat ek doen vir die absolute passie en liefde vir die Here, fotografie, mense, gesondheid en kuns, want vir my is dit so besonders en maak my so opgewonde om vir ander te vertel van Jesus en hoe wonderlik Hy is, om natuurlike, elegante en tydlose "memories" vas te vang, om mense veral vroue goed te laat voel oor hulself, om ons liggame vry te maak van skadelike stowwe en om myself uitteleef deur verskeie vorme van kuns.

Ek bied ook Bybel klasse aan waar ons mense "equip" met hulle gawe om vissers vir Jesus te wees. Ons Bybelse olie klassies is ook 'n baie gewilde ene. En moenie ons nuwe deel mis nie. Binnekort gaan ek ook kampe aanbied.

Al hierdie dinge word in die Woord van God gedoen met die Heilige Gees wat in ons woon en werk. Niks hiervan is ons eie nie. Dis als van God en met Sy genade dat ons aan ander se lewens 'n verskil kan maak.

Romeine 8:28 - And we know ( with great confidence) that God (who is deeply concerned about us) causes all things to work together ( as a plan) for good for those who love God, to those who are called according to His plan and purpose.

Ons reis deur die hele WESKAAP, KAROO, TUINROETE en OVERBERG areas.

Produkte
Liggaam & skoonheid Vermaak
Klerekas
  • Juweliersware
Kuns
  • Fotografie
  • Skets
Liggaam & skoonheid
  • Gesondheid
  • Lyfsorg
  • Skoonheid
Vermaak
  • Motiveringspreker
How to Buy
  • Direk
  • Aanlyn
Link copied!
Liggaam & skoonheid Vermaak

Contact Details

  Show phone number

  Show email

  https://bloombygrace.co.za/


Trading hours

  • Monday: 9 am – 6 pm
  • Tuesday: 9 am – 6 pm
  • Wednesday: 9 am – 6 pm
  • Thursday: 9 am – 6 pm
  • Friday: 9 am – 6 pm
  • Saturday: Closed
  • Sunday: Closed

Address

No physical Address