6) Waterstraat 29
Die Ou Lady-gastehuis. ‘n T-vormige huis gebou op ‘n watererf wat Richard Fryer in 1851 gekoop het. Die huis het op ‘n stadium ‘n afdak op gietysterpilare,
versier met Victoriaanse broekiekant, bygekry. Daar word vertel dat dit so verander is nadat die rietdak tydens die Anglo-Boereoorlog aan die brand gesteek is, blykbaar omdat die eienaar, Jack van Dyk, ‘n Britse ondersteuner was in ‘n dorp vol Boere-ondersteuners.
n Uittreksel uit ‘n gedrukte brosjure Ontdek Historiese Calvinia
Navorsing: Nigel Amschwand
Afrikaanse vertaling: Annemarie van Zyl