4) Waterstraat 17
Waterstraat 17 gebou
‘n Hoekwinkel met die tipiese afgeskuinsde ingang. Die oorspronklike gebou dateer moontlik uit 1858 toe hierdie gedeelte en die aangrensende erwe aan die onderpunt van Kerkstraat aan Gert Jacobus van Wyk oorgedra is.
Geoordeel aan die plankies-plafonne en deure met vier panele (met glas in die
boonste panele), is die gebou in die laat 1800’s in ‘n winkel omskep. Dit dra die
naam van een van die vroeë eienaars, Benjamin Klein.
‘n Uittreksel uit ‘n gedrukte brosjure Ontdek Historiese Calvinia
Navorsing: Nigel Amschwand
Afrikaanse vertaling: Annemarie van Zyl