Skip to Content

Spandaukop

Die doleriet koppie van 1315m hoog suid van Graaff Reinet staan bekend as Spandaukop. Die kop is so benoem deur ’n Pruissiese (later Duitsland) soldaat, Werner. Hy het gesê die koppie laat hom dink aan die Spandau Citadel ’n fort in Berlin (Duitsland).

Henry Lichtenstein skryf oor Spandaukop saam met sy vertellings van hul ervaring op pad na Graaff Reinet en hoe hulle in die aand met hul ossewaens moes reis om die leeus in die omgewing te vermy. 

Die doleriet verweer baie stadiger as sedimentêre gesteentes. Dit lei tot die vorming van ikoniese erosie formasies in die vorm van 'tafelberge' met 'n plat toppe en skerppuntige keëlkoppies. Spandaukop is 'n goeie voorbeeld van so ’n keëlvormige koppie.

Bronne: