Skip to Content

Richmond se oorsprong

P.J. van der Merwe se plaas Driefontein, wat op die oewer van die Onregs Rivier geleë was, was in 1843 as ‘n geskikte plek identifiseer om ‘n dorp te stig. En soos die plaas naam vir ons vertel, was daar drie fonteine op die plaas, en water is waardevol in die Karoo. 

Die eerste plotte was verkoop op 19 April 1845. Die dorp se mense het die Goewerneur van die Kaap kolonie (1844 tot 1847) Sir Peregrine Maitland gevra of hulle die dorp na hom kan vernoem, maar hy het die versoek van die hand gewys en voorgestel hul vernoem die dorp na die Hertog van Richmond, die vader van Lady Sarah Maitland, sy vrou. So kry Richmond in Oktober 1845 amptelik sy naam. In 1848 word die dorp ‘n magistraat distrik en in 1854 word die dorp ‘n munisipaliteit.

Bronne:

  • Bulpin, T., 1992. Discovering Southern Africa. Fifth Edition ed. Muizenberg: Discovering Southern Africa Productions .
  • Nell, L., 2008. The Great Karoo. Cape Town: Struik Publishers.
  • Schoeman, C., 2013. The Historical Karoo. Capetown: Zebra Press.