Karoonoem-noem
Die Karoonoem-noem bos (Carissa haematocarpa), of in Engels Karoo Num-Num bos was so goed soos ‘n snoepie winkel vir die Khoi-Khoin vroeër jare. Die pers vruggies is heerlik soet en lekker bederf. Daar is nog ‘n Noem-Noem spesie (Carissa bispinosa) wat meer aan die van die suidkus op met ooskus tot Limpopo voorkom wat die vruggies meer rooi is. Die Karoonoem-noem is ook volop in die Klein-Karoo en maar sy streek werk meer sy pad op tot in Namibië. Soos jy in die foto’s kan sien, maak die skil nogal ‘n mooi pers kleur en vlek dit so bietjie. Ek kon nie in my soektog vir inligting enige iets vind van iemand wat iets met die pers pigment doen nie, maar ek dink dit sal iets mooi kan kleur of verf. As iemand van iets weet, laat weet asseblief.
Die eerste rekord van die Carissa haematocarpa is deur Thunberg in 1773 gepen, en later deur Burchell in 1811. Die naam noem-noem is maar die klanknabootsings van mens iets lekkers eet, want hy is heerlik soet.
Bronne:
A, S. C. (1966). Common Names of South African Plants. Pretoria: Department of Agriculture Technical Services – Botanical Research Institute.
Coetzee, R. a. (2009). Khoi-Khoin-Kultuurgoed en Kom-Kuier-Kos. Pretoria: LAPA Publishers.
www.inaturalist.org. (2025, Junie 4). Retrieved from iNaturalist: https://www.inaturalist.org/taxa/528768-Carissa-haematocarpa