Skip to Content

Dr Marguerite Henrici (1892-1971)

Marguerite Henrici is gebore in1892 in Basle, Switserland. In 1913 begin sy studeer by die Universiteit van Basle. Sy studeer plantkunde, chemie en dierkunde, maar uiteindelik spesialiseer sy in plantfisiologie en verwerf haar doktors graad Summa Cum Laude. Hierna het sy geesdriftig voort gegaan met navorsing by die Universiteit. 

In 1913, toe sy nog eerste jaar student was, sit sy toevallig langs Dr A Theiler op die trein. Hy was die stigter en direkteur van die Veeartsenykunde Navorsing Institute, Onderstepoort in Pretoria. Hy het haar vordering dopgehou deur die jare en haar navorsings prestasies het hom beïndruk. In 1921 besoek hy wees Basle, en maak van die geleentheid gebruik om Henrici op te soek en haar uit te nooi om vir hom in Suid Afrika te kom werk. 

Lamsiekte was op daardie stadium ‘n groot kommer vir die veeboere in Suid Afrika. Vroeg in 1918 is Theiler vrygespreek van alle administratiewe pligte, sodat hy kan fokus op sy pos as direkteur van Lamsiekte Navorsing by die Staatsplaas Armoedsvlakte buite Vryburg. Teen 1919 kon hy die oorsaak van die verlamming by diere en hoe die siekte voorkom kan word geïdentifiseer as fosfor te kort in voeding. Hulle bevindinge het gelei tot ‘n nuwe veld in die wetenskap van vee voeding. Dit was die rede hoekom Dr Henrici as plantfisioloog genooi is om in Suid Afrika te kom werk om verder hieroor navorsing te doen. Haar navorsing het ingesluit natuurlike weidings en die chlorofil koolhidrate en fosfor inhoud van grasse, en die sisteïen en swael inhoud van Karoo-struike en -grasse.

Een van die plante waaroor sy navorsing gedoen het vir hul merkwaardige voedings waarde is die Dubbeltjie (sien fotos). 

Daardie bossie met die harde doring wat deur al wat ‘n skoen steek. 

Taal was vir haar ‘n bietjie van ‘n uitdaging hier in Suid Afrika. Sy was vlot in Duits en Frans, en het ‘n basiese kennis van Engels gehaad. Maar dit het haar nie onder gekry nie en sy het Afrikaans en Engels baas geraak, net met ‘n swaar Duits-Switserse aksent. 

In 1929 is sy aangestel oor die beheer van die Veld-Reservaat buite Fauresmith. Dis hier waar sy 40 jaar gebly het en navorsing gedoen het, meestal op Karoo veld. Die gemeenskap was baie lief vir haar. Tot na haar aftrede het sy nog deeltyds gewerk en navorsing gedoen. Sy het wel die laaste 2 jaar van haar lewe by ‘n aftreeoord in Bloemfontein gaan bly. Sy is in 1971 oorlede. 

Deur die jare het sy ‘n paar erkennings gekry. In 1926 sluit sy aan by die Suid-Afrikaanse Biologiese Vereniging en in 1935 word sy bekroon met die Senior Kapt. Scott-gedenkmedalje vir uitstaande wetenskaplike prestasies. Sy was 'n erelid van die Basel Botaniese Vereniging en in 1969 het die Universiteit van Basel haar 'n ere-D.Sc. toegeken, ter erkenning van haar baanbrekerswerk in haar navorsingveld. In 1971 het die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plantkundiges haar vereer deur te verkies haar lewenslange erelid van die Vereniging.

Sy het deur die jare tussen 6000 en 7000 plant monsters bymekaar gemaak, hoofsaaklik Karoo plante. Twee plante is ter herdenking aan haar na haar vernoem. In die fotos is ‘n skets wat sy gedoen het van een van die plante wat na haar vernoem is.

Die fotos van die veld is waar die Veld-reservaat buite Fauresmith was. Mens kan steeds ou gebou en die grense van haar toets kampe sien. Die grond behoort vandag nog aan dept. Landbou maar is nie meer ‘n aktiewe navorsingsterrein nie. 

 

Bron:

Aosis : Marguerite Getrud Anna Henrici (1892-1971)

Botanical Exploration of Southern Africa Edition 2 by H.F Glen and G. Germishuizen