Schreiner House Museum
Olive Schreiner het op die ouderdom van 12 jaar na Cradock gekom. Haar jonger boetie Will, 11 jaar oud, het ‘n jaar later by haar aangesluit. Olive se ouer broer Theo, wie die prinsipaal was van die Publieke Skool in Cradock, het die huis te 09 Kruisstraat gehuur vir hulle om in te woon. Hulle suster Ettie, toe 17 jaar oud, was die huishoudster en het na hulle omgesien. Hulle het in dié huis gebly tot ongeveer 1870, waarna die twee broers, Theo en Will na die Diamantvelde in Kimberley gegaan het.Olive het Cradock verlaat maar het later teruggekeer om as privaat onderwyseres op die plase rondom Cradock te werk. Dit is ook waar sy The Story of an African Farm geskryf het wat in 1883 in Engeland gepubliseer is.
Olive, haar wederhelf, Samuel Cron Cronwright, hulle baba en die hond, is begrawe in ‘n sarkofaag bo op Buffelskop op die plaas Buffelshoek, suid van Cradock.
Schreiner House huisves ‘n versameling van boeke wat aan Olive behoort het, uitstallings wat haar lewe en dié van haar broers en suster uitbeeld sowel as items wat aan haar behoort het.
Die boekwinkel verkoop ‘n wye verskeidenheid boeke asook haar bekendste werk, The Story of an African Farm.
Besigheidsure
- Maandag tot Vrydag: 08h00 tot 13h00 – 14h00 tot 16h30
- Saterdag: Toe ( open op aanvraag)
- Sondag: Toe ( open op aanvraag)