Skip to Content

Robinsonpas

Robinsonpas, wat in Junie 1869 voltooi is, verbind Mosselbaai en Oudtshoorn. Die behoefte aan 'n meer direkte roete het ontstaan omdat die bestaande Attaquas Kloof (wat in argiewe al in 1668 die eerste keer genoem word) onherbergsaam was en Montaguepas langer was. Met vandag se vervoer klink die 135 km in vergelyking met die 90km van die Robinsonpas nie so baie nie, maar met ossewaens en perdekarre as vervoermiddel was dit ’n groot verskil. 

‘n Petisie was onderteken en aan die Kaapse regering gestuur met die versoek om die pas te bou. In 1860 het 'n parlementêre kommissie die koste van die bou van 'n pas langs die Ruytersbosch-pad op R7 364 beraam, met befondsing wat tussen die regering en die Mosselbaai Afdelingsraad gedeel is. Plaaslike pogings het egter in 1866 tot stilstand gekom omdat die kundigheid en hulpbronne nie voldoende was nie. M.R. Robinson, die Hoofinspekteur van Openbare Werke, het wel die behoefte en potensiaal van hierdie pas gesien. Dit was in daardie tyd dat die volstruis bedryf vlam gevat het in Oudtshoorn en ’n korter pad na Mosselbaai se hawe was ’n groot behoefte. So M.R Robinson het dit sy spesiale projek gemaak om die pas gebou te kry, van daar ook die rede hoekom die pas na hom vernoem is. 

Die Kaapse Regering het Thomas Bain se dienste  verniet aan gebied, maar Mosselbaai Afdelingsraad was vir ander kostes verantwoordelik. Werk het weer begin 1 Febr 1867. Ten spyte van hewige winter reën, het die bou werk gevorder en is  Junie 1869 oop gemaak vir verkeer. 

Die pas is later in die 1950's herbou na aanleiding van Bain se oorspronklike belyning. Die pad is  ook geteer en wyer gemaak. Vandag is die pas 'n goed onderhoude pad wat skilderagtige uitsigte bied. Robinsonpas bly 'n noodsaaklike skakel tussen Mosselbaai en Oudtshoorn, wat bydra tot die streek se ekonomiese groei.

Bronne:

  • Burman, J. (1963). So High the Road. Cape Town: Human & Rousseau.
  • L.D. Ross, G. (2013, June). Mountain Passes, Roads and Transportation in the Cape - a Guide to Research. Graham Ross.
  • Ross, G. (2002). The Romance of Cape Mountain Passes. Cape Town: David Philip Publishers.
Sien & Doen
Besienswaardigheid
Besienswaardigheid
  • Uitsig Roetes
Link copied!
Besienswaardigheid

Address

R328, Oudtshoorn

Op die R328 tussen Oudtshoorn en Mosselbaai