Op-die-Plaas KAMP - Sandrivier
Op-die-Plaas kamp - Sandrivier plaas is geleë op die R323 net 7km vanaf die noordelike ingang van die Seweweekspoort, 48km vanaf Ladismith, 58km vanaf Calitzdorp en 65km vanaf Laingsburg.
Dit is 'n 4 slaapkamer kothuis met DSTV geriewe. Daar is 2 beddens per kamer (een kamer het 4 beddens) Slaap 10 mense op enkelbeddens 4 paartjies kan op omgeboude KING-beddens slaap. Beddegoed en handdoeke ingesluit.
Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof en oond, yskas/vrieskas, mikrogolfoond en broodrooster.
Die badkamer het 'n bad, toilet, wasbak en stort. 4
Met 'n binnebraai sal die kouer nagte lekker wees! Daar is ook 'n buitebraai
Naby die beginpunt om tot by die Seweweekspoortpiek te stap! Jy kan saam met ons vervoer reël na die beginpunt van die Seweweekspoortpiek.
Sandrivier Cottage gaste is welkom om vir ons en die plaasdiere te kom kuier en na die kampplek te gaan swem en hulle kan daardie spasie ook gebruik om piekniek te hou of met ons te kommunikeer.