Louisa's Stoffering en Gordyne
Ek doen stoffering en restorasie op meubels al vir n paar jaar. Het 1 Maart 2021 my winkeltjie in Knysna straat in Willowmore oopgemaak en deur die aanvaarding van die gemeentskap is ek nog steeds aan die gang en lewer meer dienste as wat ek oorspronklik gedink het ek gaan doen. Ek maak oprol lapa gordyne, trek meubels nuut oor, het al n motorfiets sitplek of twee gedoen en n trekker sitplek. Elke dag leer ek net nog meer en doen die beste vir my kliënte.
Ek en Nico van Willow Furniture werk gereeld saam. Hy restoreer die meeste van die meubels wat ek dan moet oortrek om weer nuut te lyk.
My leuse in die lewe is om eers n ding te probeer voor ek se ek kan nie. Ek hou van n nuwe uitdaging of twee.