Skip to Content

Koerie kies koers

Koerie, 'n pragtige, jong wedvlugduif, woon saam met sy eienaar, Adam, op Stellenbosch. Dié twee maak vriende met hul bure, Ouma Susanna en Oupa Izak, asook met hul tien kleinkinders wat op verskillende plekke in Suid-Afrika woon en soms by hul grootouers kuier. Koerie durf die grootste uitdaging van sy lewe aan toe hy 'n ultramarathon van 1 400 km tussen Pretoria en Stellenbosch vlieg, nie net omdat die kinders hom aanmoedig en bewonder nie, maar omdat die reuse-prysgeld Adam sal help om sy drome te verwesenlik. Sukses is egter nie so maklik nie .... tussen Koerie en oorwinning staan daar die kwaai, ongeskikte, windmakerige buurduif, Blits, en sy ewe onbeskofte baas, Len, wat nie kan ophou om Koerie en Adam te bespot en uit te lag nie.

'n Jeugboek oor wen en verloor, en oor die belangrikheid van aanmoediging en ondersteuning. En oor die waarde van liefde, vriendskap en saamstaan.

Die skrywer:

Susanna van der Merwe is 'n storieverteller met 'n voorliefde vir verhale waarby kinders of diere betrokke is. Dis omdat dit "eerlike" stories is, sê sy. Haar liefde vir Afrikaans en dié letterkunde het begin toe sy aan die Hoër Meisieskool Bloemhof uitstekende

Afrikaans-onderwysers gehad het. Daarna het sy 'n B. Primêr aan die Universiteit van Stellenbosch behaal, met Hennie Aucamp as haar Afrikaans-dosent.

Sy het ná haar troue in 1979 na Murraysburg in die Karoo verhuis waar sy en haar man, Izak, op hul familieplaas, Badsfontein, boer. Kinders bly haar passie. Om elke kind volgens haar of sy persoonlikheid te hanteer en daardeur die beste in elkeen na vore te bring bly vir haar 'n groot vreugde.

Illustreerder: Janet Kingwill ook van Murraysburg

Produkte
Leesstof
Leesstof
  • Kinderboeke
How to Buy
  • Direk
Link copied!
Leesstof

Contact Details

  Show phone number

  Show email


Trading hours

No set trading hours


Address

Murraysburg