Karoo360, powered by Toerboer
Karoo360, powered by Toerboer, is 'n dinamiese reis-, avontuur-, en ontdekkingsspan van Graaff-Reinet in die hart van die Groot Karoo. Ons bied 'n verskeidenheid van ervarings in en om Graaff-Reinet aan. Kom kamp, glamp, stap, ry fiets en ontdek die geheime van die Sneeuberg en Camdeboo saam met ons. Ons het ook twee unieke selfsorgeenhede in 'n geskiedkundige gebou in die dorp. Van ons gunsteling dagtoere is ons ontdekkingstog van ou Graaff-Reinet te voet, Veldete onder die Sterre, Sjampanje-ontbyt by die Vallei van Verlatenheid en die Afrikanis Rum-proe. Om nie eers te praat van die Sterbed en Karoo 3 Pieke Stapuitdaging nie.
Kom ervaar die Karoo saam met ons, soos ons dit ken.