Jenkins Creek
Die skoonheid van die Karoo-streek omring ons venue en bied 'n beeldskone agtergrond vir jou geleentheid. Die wyd oop ruimtes, asemrowende landskappe en rustige atmosfeer sal sorg vir 'n onvergeetlike ervaring vir jou en jou gaste.
Geleë net 12km van ons pragtige dorpie Cradock af, voldoen ons venue aan jou behoeftes om jou troue, groot of klein, korporatiewe geleentheid of spesiale viering te vier. Ons ruim lokaal kan gemaklik tot en met 200 gaste akkommodeer, insluitende spasie vir 'n dansvloer. Die venue beskik ook oor 'n volledig gelisensieerde kroeg en goed toegerusde kombuis.
Binnekort sal ons ook gerieflike kampstyl-akkommodasie beskikbaar hê, met genoeg slaapplek vir ongeveer 80 persone. Tans kan ons reeds 20 persone akkommodeer.
Met verskillende pakkette beskikbaar, probeer ons om aan al jou vereistes te voldoen so vêr as moontlik. Bespreek jou geleentheid met ons en skep onvergeetlike herinneringe in die hart van die Karoo.