Infinity Kunsgalery
Die Infinity Galery, in die hoofstraat van Nieu Bethesda, is die hartskind van kunstenaar en musikus Dirkje Daling, en word bestuur deur Heidi Kühne-Boekkooi. Die galery verteenwoordig plaaslike en gaskunstenaars in 'n dinamiese uitstalling wat gereeld iets nuuts bied.
Kunstenaars wat tans uitstal is skilders Dirkje Daling, Joanne Reen, Raymond Westraadt, Alpha Greeff, Stephanus du Toit, Nici Westraadt, idil Sheard, Rosemary Forster-Towne en beeldhouers Frans Boekkooi en Willem du Plessis.
Sien & Doen
Besienswaardigheid