Gasteria Grange
Gasteria Grange geleë op die hoek van Saayman St en St Helenaweg, bied gerieflike verblyf net buite Calitzdorp op 'n klein plaas (Grange), langs die bekende Roete 62.
Gaste kan kies tussen die Tuinkothuis of Lusernkothuis. Elke kothuis is toegerus met 'n kombuisie, TV en WiFi. Die Lusernkothuis het 'n ingeboude braai asook binnekaggel vir die koue winteraande. Daar is ook 'n kampterrein met ablusiegeriewe. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.
Ons is ook Bike Friendly gesertifiseer en verskaf veilige toesluit vir fietse, 'n skoonmaakplek en laaipunte vir e-fietse.
Ons bied ook fiets toere aan - Pedals and Port