Finchley Farm Cottages
Finchley Farm is geleë op die R407, Prins Albert pad in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die plaas is ‘n gerieflike 3km buite Willowmore.
Dit is ‘n werkende skaap en wol produserende plaas met boerbokke, Nguni beeste en wild en die immer gewilde Finchley Farm Cottages wat bydra tot die bedryf.
Die Cottages bied akkommodasie vir ieder en elk. Dit maak nie saak of dit ‘n besigheidsbesoek is, of die familie wegbreek vir ‘n naweek uit die stad nie, hier ondervind jy tipiese Karoo gasvryheid met eerstehandse ervaring van die lewe op ‘n werkende Karoo plaas.
Die pragtige gerestoureerde eenhede, geleë by die hoof opstal, word omring deur ‘n asemrowende en rustige tuin en is smaakvol versier met vele interressante items wat uit die 1800s dateer.
Die plaas bied ‘n aantal aktiwiteite om te verseker u besoek is onvergeetlik. Vir die avonturier is daar staproetes, bergklim, bergfietsroetes, 4x4 en 4x2 roetes. Of gaste kan ontspan in die klipswembad in die tuin of voordeel neem van die plaas se vele voëlspesies vir ‘n onvergeetlike voëlkyk ervaring. Na ‘n ongelooflike Karoo sonsondergang, sal sterrekykers stom gelaat word op ‘n wolklose aand.