Gottlieb se Storie
Soos talle goeie, dramatiese stories, begin hierdie een op ’n solder. Dit is waar ons Gottlieb Brand se stowwerige joernaal gekry het. Ons weet nie hoe dit daar beland het nie, maar dit blyk dat Gottlieb destyds ’n student van dr. Arnold Theiler was.
Arnold Theiler is in Switserland gebore en het in 1891 na Suid-Afrika gekom. Teen 1898 het Theiler ’n dipstasie in Daspoort naby Pretoria begin waar hy ook diere ingeënt het. Hy sou ná die Anglo-Boereoorlog gevra word om die bekende Onderstepoort-opleidingsentrum te begin.
Gottlieb se storie begin egter daar in Daspoort, tydens die oorlog.
As student in Zürich was Theiler deel van 'n ondergrondse groep wat die Griekse alchemis Cleopatra se notaboek bestudeer het. Cleopatra was een van vier vrouewetenskaplikses wat geweet het hoe om ’n towenaarsteen te maak. In Engels staan dit ook bekend as ’n “philosopher’s stone”. Eintlik is dit bloot die mitiese formule wat elemente in goud kan omskep.
Ons weet nie wanneer Theiler in die geheim begin werk het aan sy formules nie, maar toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek, het die Transvaalse regering geweet dat hy meer doen as beeste dip.
Met die verdwyning van die Kruger-miljoene moes genl. Jan Smuts vinnig met 'n plan vorendag kom, en het onthou dat Theiler op die drumpel was om die mitiese formule te ontsyfer wat hom in staat sou stel om goud te maak. Smuts het Theiler dus genader om te help.
Hoewel Theiler reeds aansienlike vordering met sy navorsing gemaak het, was daar nog ‘n paar bronne om te toets. Gottlieb Brand is dus gestuur om na moontlike alternatiewe te gaan soek en te toets.
Brand het wyd gereis van Springbok in die noorde tot Steytlerville in die suidooste. Tydens sy reise het hy met baie mense gesels, en baie stories gehoor.
Hy was duidelik bang dat iemand sy navorsing sou steel en het dit versteek in sy joernaal-stories oor die verskillende gebiede, deur gebruik te maak van 'n geheime kode.
Kom saam op ’n reis. Ontdek die skatte van ons platteland en help ons om die versteekte boodskap te ontsyfer.
Hoe versamel ek punte:
- Beantwoord vra oor die dorpe
- Neem foto van jou en jou reisgenootskap by spesifieke plekke
- Help om Gottlieb se verborge boodskap te ontsyfer
- Ondersteun spesifieke projekte in die dorpe deur skenkings te maak
Bonus punte:
- Ondersteun entrepreneur wat deel is van Bossie Goud skattejag in die dorpe.
- Woon okkasies by wat deel is van Bossie Goud skattejag in die dorpe.
- Ekstra aksies sal voortdurend bygevoeg word sodat jy meer punte kan insamel.