Williston

Dorps Verblyf Eet en Drink Sien en Doen Dienste Produkte Verskilmakers Roetes Informasie Publikasies Gebeure

Informasie oor Williston

Ons is ‘n klein dorpie met ongeveer 3000 inwoners wat sy ontstaan te danke het aan die Rhynse Sendinggenootskap wat in 1845 ’n sending en ’n onderwyser hierheen gestuur het om ongeveer 600 basters te kersten en te onderrig. Die Rhynse kerkie is vandag ’n teologiese naslaan lokaal en word pragtig in stand gehou. Die eerste VGK is vandag ons museum.

Reeds in 1767 het Jan Abraham Nel langs die fontein sy trekgoed uitgespan sodat sy tweede seun gebore kom word en ’n amandelboom geplant aan die voet van die Singkoppe. Die naam is gekry van die sendings gemeente se lidmate wat elke Nuwejaar oggend vanaf die koppies vir die gemeente gesing het. Later jare het Ds. Kuhn met dinamiet die fontein probeer groter skiet maar die gevolg was dat die groot amandel boom dood geskiet is, maar die fontein was nie groter nie. 

Vandag is ons ’n goed funksionerende skoon dorpie wat saam met Fraserburg en Sutherland die Karoo Hoogland munisipaliteit vorm.

Ten spyte van ons krimpende getal boere hou ons nog elke Februarie ’n goeie skou – enigste in die omgewing – en ’n heerlike kommando rit in Desember. Die gholf- en rugbyklubs funksioneer ook nog met goeie geriewe. Ons uitstekende moderne restaurant is ook ’n gewilde stopplek vir deur reisende toeriste.

Hier kan ook korbeelhuise te siene in ons distrik, en ook ‘n unieke grafsteen roete. Die ou NG klipkerk met sy labirint en inheemse vetplante is ook ’n besienswaardigheid.

’n Nuwe boek “Vergete stories van Williston” is vanjaar uitgegee wat ons geskiedenis kort saamvat en ’n paar humoristiese e bekende persone uit ons verlede herroep. 

"When you cross the Zakriver you come into Williston, then you are bitten by a "gogga" and when this "gogga" has bitten you, you remain there" - Leonard Oddes

Goed om te weet

Petrol beskikbaarheid in dorp:

Vulstasie maar nie 24/7 nie

Inkopies in die dorp:

Town het net kleiner winkels met die basiese dinge

Dorp het slaghuis

Selektiewe handelsure oor naweke

OTM beskikbaarheid:

Standard Bank

Uiteet en wegneemetes in die dorp:

Die dorp het koffiewinkels

Die dorp het restaurante

Dorp het wegneemetes

Buur Dorpe

Afstande hieronder is die mees besogste roetes, partykeer grondpad an partykeer teer pad.

Informasie

Ontdek stories uit die Karoo

Korbeel geboue

’n Korbeel huis, ja korbeel nie bordeel.... is ’n gebou wat in sy geheel uit klip gebou is, insluitend sy dak. Hierdie gebou kom wyd verspreid deur die Hardemans-Karoo en grensgebiede voorkom. Hulle was gebou tussen 1820 en 1880 . Die oorspronklike bou metode kan wel duisende jare terug getrek word en kan gevind word regoor die Middellandse See-Europa - Griekeland, Kroasië, Frankryk, Spanje en Italië. Daar is die moontlikheid dat vroeë setlaars, wat reeds vertroud was met die klipwonings in Suid-Frankryk, of dalk in Italië, na hierdie dorre deel van Suid-Afrika gekom het, en soortgelyke rondawels hier gebou het. Tog het die Sothos 'n tradisie gehad om in die Vrystaat en noord van die Vaal in die Marico-distrik klein gordelhutte van klip te bou. Daar is dus 'n aantal teorieë oor die oorsprong.Hardemans-Karoo word so genoem, want hierdie is ’n harde wêreld. Plantegroei is beperk, en bome uiters skaars, so om hierdie klip geboue te bou in ’n area waar klip volop is, was baie prakties. Die trekboere het ’n nomadiese leefstyl gevoer en het meestal in hul waens of matjieshuise (aangeneem uit die Khoekhoe kultuur) en tente gewoon. In later jare toe trekboere eiendom kon besit het hulle opstalle begin bou, en as gevolg van beperkte hout is die korbeel klip huise gebou. Meestal was ‘n opstal begin met ‘n korbeel gebou wat bestaan het uit ‘n enkele vertrek. Die gebou was gewoonlik sirkelvormig, met 'n binnedeursnee van tot 5 ½ meter, hoewel 'n paar reghoekig was. Die mure, ongeveer 78cm dik styg vertikaal tot 'n hoogte van ongeveer 1,8 tot 2 meter en buig dan geleidelik na binne totdat hulle amper by die toppunt ontmoet waar die finale opening deur 'n groot plat klipblad toegemaak word.Om die dak is klippe wat uitsteek, gewoonlik met intervalle van 3 rye, al is daar soms net twee, en in die grootste hut op Stuurmansfontein (in Carnarvon distrik) is daar vier rye klip. Hierdie klippe dien as trappe en ankers vir steierwerk en is ongetwyfeld deur die bouer gebruik tydens die oprigting van die hut, maar dit is steeds nuttig wanneer herstelwerk gedoen word of wanneer die gebou afgewit word.Hierdie boere het die meeste van hul tyd buite deurgebring. Al die funksies van die huis en plaas het aangewese plekke op die werf gehad: krale, 'n kookskerm (gewoonlik aan die voorkant en aan die kant van die huis sodat rook nie binne waai nie), die bakoond, die plek waar seep gekook was, leer looi, en ander. Die binnekant, bestaande uit 'n enkelkamer, het ook geen privaatheid gebied nie. 'n Mens het direk in die middel van die huis ingestap.Met tyd is daar kamers aangebou, maar die kamers was nie met deure in die binnemure verbind nie, maar almal se deure het na buite gewys. Om deur die klip mure te breek was nie net ’n moeilike taak nie, maar het ook die sterkte van die struktuur beïnvloed. Os velle was eers gebruik as deure en vensters tot daar hout per ossewa by hulle aangekom het vanaf Beaufort Wes. Die vloere was gesmeer met 'n mengsel van klei en beesmis en met 'n klip glad gevryf. 'n Mengsel van osbloed en vet was gebruik om die vloer te kleur en poleer. In die muur was daar gewoonlik ‘n bêre-plek rak ingebou waar belangrike items soos die Bybel en medisyne gehou was. Daar was ook partykeer ook 'n aantal growwe balke wat gestrek het tussen die mure om vleis te droog of klere op te hang. 'n Ongewone kenmerk is die gebruik in byna elke hut van horings van beeste of skape of die horings van bok as muurpenne. Buitemure wat met pleisterwerk en dan kalk afgewit was, was 'n kenmerk wat status.‘n Hele paar van die korbeelhuise is as Nasionale Monumente geregistreer en daar is ook ‘n paar wat as gastehuise dien. In Carnarvon in die midde dorp staan ‘n halwe korbeelhuis waar mense kan sien hoe ‘n korbeel huis lyk. Ook as jy met die R63 Williston toe ry van af Carnarvon, so 40km voor Williston is ‘n afdraai na Banksfontein wat regs uit draai. Volg die pad vir ongeveer 900m en dan sal jy nog ‘n volledige voorbeeld van ‘n korbeelhuis sien.Bronne:Corbelled Buildings as Heritage Resources: In the Karoo, South Africa (besoek 23 Des 2023)Vernacular Architecture Society of South Africa - Number 17 June 2007 (besoek 23 Des 2023)One most fascinating architectural features whole Southern Africa (besoek 23 Des 2023)The History, Form and Context of the 19th Century Corbelled Buildings of the Great Karoo - Thesis by Patricia Anne Kramer

Info Brokkies23 Desember 2023 Lees meer

Singkoppe se storie

Hierdie koppies wat vanaf die noorde uitkyk oor Williston het sy naam as Singkoppe gekry nadat Mnr Beineke om en by in die 1845’s die inisiatief geneem het om ‘ voetpad tot op die kruin van die suikerbrood vorminge koppie uit te lê. Onder sy leiding was daar ‘n weeklikse sangfees op die kruin van die koppies gehou. In die depressie jare word daar vertel dat daar Ou Kersaand Kersliedere van af die Singkoppe gesing isBron: Die Amandel breek oop 1845 – 1995 deur Elsa van Schalkwyk Vind die Singkoppe hier

Info Brokkies02 November 2023 Lees meer