Meer Oor Ons

Ons Karoo en Kontrei

Om enige plek in die Karoo of sy omliggende omgewing te woon, is anders as om in 'n stad te woon; met positiewe en negatiewe aspekte vir beide opsies. Diegene wat op die platteland bly, wil nêrens anders trek nie – die platteland kom onder jou vel in. Daar is ook mense wat hulle op die platteland wil vestig.

Ons Karoo en Kontrei en Platteland het tot stand gekom aangesien die behoefte aan ekonomiese ontwikkeling nie net raakgesien is nie, maar ook ervaar is. Daar is inderdaad krag in getalle, en hoewel ons ver van mekaar af woon, kan ons saam baie meer vermag.

Die eerste stap is om 'n netwerk in die gebied te begin, wat rofweg die groter Karoo-gebied en sy grensgebiede insluit. Op die ou end gaan dit oor die blaas van nuwe lewe in die platteland, deur mekaar te help. Daarom is grense relatief.

'n Entrepreneursingesteldheid is nodig om by te dra tot die langtermyn sukses van 'n besigheid of ontwikkelingsprojek. Volgens die woordeboek beteken "entrepreneur" "iemand wat 'n nuwe rigting in die besigheidsveld inslaan en nuwe ondernemings aanpak." Die wêreld verander voortdurend en soos ons met die Covid-19-pandemie ervaar het, moet besighede kan aanpas. Dit is waar die entrepreneuriese ingesteldheid baie handig te pas kom.

Deel van Ons Karoo en Kontrei en Platteland se langtermynplan is om entrepreneurs en ander nie-winsgewende organisasies te ondersteun. Daar is kundige organisasies wat reeds groot sukses bewys het, soos A2B Transformasie en Nasiebouer wat van onskatbare waarde kan wees vir landelike ekonomiese ontwikkeling, en met wie ons graag wil saamwerk. Ons sal jou in kennis stel sodra ons amptelik meer inligting het.

Ons nooi intussen besighede in die Karoo en sy omliggende platteland uit om op die platform te registreer. Deur te registreer, word jy deel van die Ons Karoo en Kontrei en Platteland familie. Voel asseblief vry om voorstelle en idees mee te deel. Ons luister graag – saam is ons sterker.

Ons Direkteure

Baie dankie aan elke direkteur wat glo in die visie van Ons Karoo en Kontrei en Platteland. Hulle deel hul kosbare tyd en kennis om hierdie projek vlerke te gee.

Ons Misie

Saam is ons sterker: Om 'n gemeenskap van ondernemers en veranderingmakers in Ons Karoo en Kontrei en Platteland wat mekaar opbou en ondersteun te mobiliseer.

Ons Visie

Om positiewe veranderinge en ekonomiese groei in Ons Karoo en Kontrei en Platteland te bewerkstellig.

Ons Waardes

Om alles met egte liefde te doen. Uit dit uit groei respek, etiese waardes en gemeenskappe wat omgee. Dit is die fondasies van positiewe veranderinge.

Sosiale Onderneming

Ons Karoo en Kontrei en Platteland is a sosiale onderneming. Ons bestuur 'n besigheid soos enige ander besigheid. Rekeninge word betaal en boekhouers doen boekhouding. Ons wins word gebruk vir 'n goeie doel: Die sosiale en ekonomiese ontwikkeling van die Karoo en die omringende omgewing. Binnekort meer hieroor.

Nie-winsgewende maatskappy:2021-700146-08

Nie-winsgewende organisasie:NPO-263-471

Openbare weldaad organisasie:930073277

Adri smit Stigter en Direkteur

Adri Smit

My liefde vir die Karoo het as kind begin toe ons vir ongeveer vier jaar in De Aar gewoon het. Na skool het ek Toerismebestuur aan die Universiteit van Pretoria studeer, en daarna Visuele Kommunikasie. Hierdie twee beroepe gaan hand aan hand, en verhoog die dinamika van enige projek wat ek aanpak.

Die droom om die Karoo as 'n toerismebestemming te bemark, het voortgeduur. Ek het op my eie 'n paar projekte aangepak, maar ook saam met organisasies soos die Karoo Ontwikkelingstigting en die Murraysburg Volhoubare Ontwikkelingsraad gewerk om projekte in die Karoo te implementeer. Deur die jare het ek baie waardevolle lesse geleer en 'n omvattende Karoo-wye netwerk opgebou.

Deur 'n gemeenskap te skep waar die mense van die Karoo en omliggende gebiede saamwerk, het soveel potensiaal. Na al die jare, en na baie gebede en betrokkenheid, weet ek Ons Karoo en Kontrei en Platteland gaan sy visie bereik. Saam sal ons nuwe lewe in die platteland blaas.

Moses Skisazana Direkteur

Moses Skisazana

Ek is 'n "Hantams-klong" wat in Calvinia gebore is en het sowat 20 jaar in Beaufort-Wes deurgebring. Tans bly ek in Kaapstad met my naelstring nog aan die Karoo vasgeheg. Ek het in armoede grootgeword en dit het so 'n impak op my lewe gehad dat ek daartoe verbind geraak het om myself te bemagtig om ander te help om ekonomiese ontbering te oorkom.

Hierdie verbintenis het my in die sakesektor (PEPCOR), die Departemente van Maatskaplike Ontwikkeling, asook Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme (DEDAT), en uiteindelik Ondernemingsontwikkeling by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) oor 'n tydperk van 25 jaar laat beland. Ek het Maatskaplike Sekerheid (RAU), Besigheidskommunikasie (UNISA) en Armoede-, Grond- en Agrariese Studies (UWK) studeer. In my jare van voltydse werk het ek altyd 'n mate van betrokkenheid by gemeenskapsontwikkeling en opheffingsinisiatiewe gehad, tans dien ek as 'n trustee van die Karoo Ontwikkelingstigting, direkteur van Eco2Growth en is opgewonde om betrokke te wees by Ons Karoo en Kontrei en Platteland!

Ek glo nie daaraan om berge te verskuif nie, maar om eerder 'n impak op een of twee persone te maak, stadig om "beste-praktyke" te ontwikkel om te dupliseer vir groter impak.

Brenda Louw Direkteur

Brenda Louw

My strewe in die rol van Stads- en Reginale beplanner vir die afgelope 15 jaar is om die sosiale en ekonomiese omgewing te verbeter sodat almal 'n kans kan hê om optimaal te funksioneer. Die afdelings waarin ek gewerk het, is Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Strategiese Beplanning en Menslike Nedersetting. Ek het my honneursgraad in Ruimtelike Ontwikkeling en my meestersgraad in Stads- en Streekbestuur gedoen.

Ek glo dat ons almal "Gebore is om te Dien". Daar is geen plek vir die wet van die oerwoud, “oorlewing van die sterkstes” nie. Nou meer as ooit moet ons almal ons unieke vaardighede en talente saamtrek om 'n beter ekonomiese en sosiale ruimte te skep. Nie net vir onsself nie, maar vir volgende generasies.

Ek is oortuig daarvan dat dit nie hoë status of posisie is wat ekonomiese welstand skep nie, maar die kollektiewe wil van die mense om hul ekonomiese ruimte te verander.