Jou aanlyn gids tot die

Karoo & omgewing

- met trots aan jou gebring deur ons eie mense

Ontdek die Karoo en omgewing

“Met die eerste oogopslag lyk die Karoo dalk onvrugbaar, verlate en onvergewensgesind, maar vir diegene wat dit ken, is dit ’n land van geheime skoonheid en oneindige verskeidenheid.” - Eve Palmer: The Plains of Camdeboo

Bossie Goud

Dis amper sulke tyd!

Is jy reg daar voor?

Lees meer

Waarmee kan ons help?

Ons wil jou help om die Karoo beter te navigeer

Ons Kaart

Ontdek die hele Karoo op 'n nuwe manier

Ons Kaart

Die idee om ons streek in kleiner gebiede te verdeel het ontstaan van uit die behoefte om mense in staat te stel om te soek vir inligting in elke streek.

Dit het van rigting verander toe ons opgemerk het dat daar nie n kaart bestaan wat al die streekname aandui nie. So hier is dit.

Dit was n drie jaar lange proses en ons sal aanhou om dit te verbeter soos wat ons nuwe akurate terugvoer ontvang .

  • Hierdie kaart dui gewilde gebiede aan.
  • Meeste gebiede oorvleuel so die grense is rofweg geskat.
  • Nie al die grondpaaie word op die kaart uit gebeeld nie, want daar is te veel.
  • Daar was nie spasie om al die dorpe op die kaart aan te dui nie daarom vertoon daar meer dorpe op die webtuiste as wat die kaart aandui.

Registreer vandag jou besigheid by ons!

RoetesVerken die Roetes

Sien en ervaar die Karoo en omgewing op 'n ander manier

Informasie

Ontdek stories uit die Karoo

Bossie Goud Pryse

Bossie Goud-skattejag gaan nog duur tot 31 Mei 2025.Ons wil graag vir die deelnemers geskenkpakkies opmaak van verskillende plaaslike produkte. Soos deelnemers hul vasvrae en aksies aanlyn indien, verdien hulle punte. Ons gaan gelukkige trekkings doen in verskillende groeperings van punte:250-500 punte500 – 1 000 punte1 000 en meer punteDaar sal geskenkpakkies vir elke groepering wees en in Junie 2025 sal ons die trekking doen uit deelnemers wat in die onderskeie puntegroepe val. Enige entrepreneurs in die Ons Karoo en Kontrei-area wat produkte maak, kan ons gerus kontak om deel te word van hierdie avontuur. Die sluitingsdatum vir entrepreneurs om deel te wees van hierdie geleentheid is 29 Junie 2024.

Lees meer

Broekie-lace

Suid-Afrika het ‘n besonderse unieke naam vir die kantagtige gietyster versierings. Terwyl die res van die wêreld dit maar net ‘n “bracket” genoem het, is dit in Suid-Afrika Broekie-lace genoem. Dit is natuurlik so genoem na aanleiding van die ooreenkoms aan die kant (lace) wat op vroue panties (broekie) van die laat 1800’s was. Teen die einde van die negentiende eeu is dit deur die Engelse setlaars in Suid-Afrika ingebring, nie net as versterking saam met die pilare van die sinkplaatafdakke nie maar ook om op die afdak randte as dekor te dien. Dit was baie algemeen op Victoriaanse-styl huise en is vandag nog op baie huis terrasse te sien veral in die Wes-Kaap en groter Karoo.Die gietyster “broekie-lace” was oorspronklik ingevoer deur maatskappye soos McFarlane (katalogus voorbeeld in fotos). Later het plaaslike mense ontwerpe uit die katalogusse nagemaak en met hout ook die dekor items gemaak vir hulle stoepe. Bron:The heritage portal Illustrated Catalogue of Macfarlane's Castings. 6th ed Vol 2Provincial Spatial Development Framework – Built Systems

Lees meer

Clanflora App

Clanflora is ‘n toepassing (net vir Android-fone tans, 'n aanlyn weergawe kan jy kry by app.clanflora.co.za) om te help met die identifisering van veldblomspesies in die Cederberge, Weskus, Namakwaland en Nieuwoudtville areas. 2 Natuurliefhebbers, een met ‘n kamera (Marietjie) en die ander met ‘n rekenaar (Jeanette), woonagtig in die hartjie van die mooiste blomwêreld, het saamgespan om meer as 600 blomspesies af te neem en te klassifiseer volgens verskeie kriteria om jou soektog na ‘n spesie se naam te vergemaklik. Die toepassing gebruik veranderlikes soos kleur, blomvorm, -grootte en streek om identifisering maklik en vinnig te bewerkstellig. Met kleurfoto’s wat die soekresultate vergesel, word die proses van spesie identifisering vergemaklik.Clanflora het ten doel om bewaring van die unieke blomspesies in die streke aan te moedig. Hul leuse is nie verniet Bewonder en Bewaar ons Blommeprag.Besoek hul webblad www.clanflora.co.za vir meer inligting.

Lees meer

Dr Marguerite Henrici (1892-1971)

Marguerite Henrici is gebore in1892 in Basle, Switserland. In 1913 begin sy studeer by die Universiteit van Basle. Sy studeer plantkunde, chemie en dierkunde, maar uiteindelik spesialiseer sy in plantfisiologie en verwerf haar doktors graad Summa Cum Laude. Hierna het sy geesdriftig voort gegaan met navorsing by die Universiteit. In 1913, toe sy nog eerste jaar student was, sit sy toevallig langs Dr A Theiler op die trein. Hy was die stigter en direkteur van die Veeartsenykunde Navorsing Institute, Onderstepoort in Pretoria. Hy het haar vordering dopgehou deur die jare en haar navorsings prestasies het hom beïndruk. In 1921 besoek hy wees Basle, en maak van die geleentheid gebruik om Henrici op te soek en haar uit te nooi om vir hom in Suid Afrika te kom werk. Lamsiekte was op daardie stadium ‘n groot kommer vir die veeboere in Suid Afrika. Vroeg in 1918 is Theiler vrygespreek van alle administratiewe pligte, sodat hy kan fokus op sy pos as direkteur van Lamsiekte Navorsing by die Staatsplaas Armoedsvlakte buite Vryburg. Teen 1919 kon hy die oorsaak van die verlamming by diere en hoe die siekte voorkom kan word geïdentifiseer as fosfor te kort in voeding. Hulle bevindinge het gelei tot ‘n nuwe veld in die wetenskap van vee voeding. Dit was die rede hoekom Dr Henrici as plantfisioloog genooi is om in Suid Afrika te kom werk om verder hieroor navorsing te doen. Haar navorsing het ingesluit natuurlike weidings en die chlorofil koolhidrate en fosfor inhoud van grasse, en die sisteïen en swael inhoud van Karoo-struike en -grasse.Een van die plante waaroor sy navorsing gedoen het vir hul merkwaardige voedings waarde is die Dubbeltjie (sien fotos). Daardie bossie met die harde doring wat deur al wat ‘n skoen steek. Taal was vir haar ‘n bietjie van ‘n uitdaging hier in Suid Afrika. Sy was vlot in Duits en Frans, en het ‘n basiese kennis van Engels gehaad. Maar dit het haar nie onder gekry nie en sy het Afrikaans en Engels baas geraak, net met ‘n swaar Duits-Switserse aksent. In 1929 is sy aangestel oor die beheer van die Veld-Reservaat buite Fauresmith. Dis hier waar sy 40 jaar gebly het en navorsing gedoen het, meestal op Karoo veld. Die gemeenskap was baie lief vir haar. Tot na haar aftrede het sy nog deeltyds gewerk en navorsing gedoen. Sy het wel die laaste 2 jaar van haar lewe by ‘n aftreeoord in Bloemfontein gaan bly. Sy is in 1971 oorlede. Deur die jare het sy ‘n paar erkennings gekry. In 1926 sluit sy aan by die Suid-Afrikaanse Biologiese Vereniging en in 1935 word sy bekroon met die Senior Kapt. Scott-gedenkmedalje vir uitstaande wetenskaplike prestasies. Sy was 'n erelid van die Basel Botaniese Vereniging en in 1969 het die Universiteit van Basel haar 'n ere-D.Sc. toegeken, ter erkenning van haar baanbrekerswerk in haar navorsingveld. In 1971 het die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plantkundiges haar vereer deur te verkies haar lewenslange erelid van die Vereniging.Sy het deur die jare tussen 6000 en 7000 plant monsters bymekaar gemaak, hoofsaaklik Karoo plante. Twee plante is ter herdenking aan haar na haar vernoem. In die fotos is ‘n skets wat sy gedoen het van een van die plante wat na haar vernoem is.Die fotos van die veld is waar die Veld-reservaat buite Fauresmith was. Mens kan steeds ou gebou en die grense van haar toets kampe sien. Die grond behoort vandag nog aan dept. Landbou maar is nie meer ‘n aktiewe navorsingsterrein nie. Bron: Aosis : Marguerite Getrud Anna Henrici (1892-1971) Botanical Exploration of Southern Africa Edition 2 by H.F Glen and G. Germishuizen

Lees meer

Harslag in Suursous

Geskiedenis van Harslag in suursous Die oorspronklike resep vir bogenoemde tradisionele bereiding van lewer en suursous het indie sewentiende eeu uit Europa gekom waar dit aanvanklik deur die Romeine berei is. Dieresep het posgevat in die Kaap en word steeds in die 20ste eeu aan tafelgenote bedienregoor ons land. Daar is ook ‘n verwysing na soet-suur lewer in die veertiende-eeuse Suidduitste boek, DasBuoch von guoter Spise. In hierdie skrywe toon hulle variasies van die resep: Die eerstevariasie van die resep bevat geen asyn nie. Die tweede variasie is soos ons hom vandag nogin plaaskombuise proe. Die hoofbestanddele is harslag, heuning en asyn. Ons gebruik vandag suiker, maar in die tyd van oorlog rantsoene het sommige persone heuning ofsuikerbosstroop gebruik. Dit gee die gereg sy immergewilde soet-suur smaak. Bestandele1 Groot ui, ringe gesny2 Skaap Niertjies1 Skaap Lewer1 Skaap hartSkaap vetderm opgesny in stukkies (Opsioneel, ek is nie mal hieroor nie!)5 ml Sout7.5 ml Peper15 ml Bruinsuiker30 ml Asyn15 ml Worcester Sous250 ml water15 ml mielieblomMetodeMaak eers die harslag mooi skoon. Laat lê die harslag vir ten minste 1 uur voordat jybegin in ‘n mengsel van asyn en water. Sodra die vliesies begin wit trek kan ditverwyder word. Sny dan Niertjies, lewer en hart in blokkies.Braai die ui lekker in olie. Net voordat die ui heel gekaramaliseer is gooi jy die res vandie harslag by.Braai lekker totdat harslag geseël is en ui mooi verbruin het. Geur met sout enpeper.Meng asyn, worcestersous en bruinsuiker met die water. Voeg als in die pot en prut5 minute saam.Maak mielieblom aan met klein bietjie water en voeg by die pot, roer goed deur.Draai jou plaat baie laag en laat als prut vir ongeveer 10 minute of tot sous effensverdik het.Bedien met warm, tuisgebakte brood.

Lees meer

Interessante feite oor Cradock

Cradock is in 1814 gestig en het sy twee-eeu in 2014 gevier.Die Groot Suid-Afrikaanse staatsman en eerste President, Paul Kruger is in 1826 in Cradock in die NG Kerk gedoop.'n VVV is op 5 Julie 1968 in die Cradock-omgewing gesien. Dit was 'n ligbal omring deur mis en dit is deur iemand in die Visrivier-distrik opgemerk.Cradock se krieketveld en biblioteek is die tweede oudste in Suid-Afrika.Telefone is in 1910 aan Cradock bekendgestel en outomatiese telefone in 1977.Elektrisiteit is die eerste keer in 1914 ingestel, 100 jaar nadat Cradock gestig is.Afrikaans is vir die eerste keer ooit in Cradock gepubliseer deur die 26-jarige John Southward Bold, eienaar van die Cradock News. Hy het Louis Meurant se verslag oor die skeiding van die Oos-Kaap van die Wes-Kaap gepubliseer. Die eerste artikel het op 4 Desember 1868 verskyn, 3000 eksemplare is gedruk, wat die Cradock News die grootste sirkulasie van enige koerant in Suid-Afrika op daardie tydstip gee.Olive Schreiner, woonagtig in Cradock, is sy die eerste Suid-Afrikaanse skrywer wat 'n boek, Story of an African Farm, gepubliseer het. Sy het saam met Karl Marx se dogter 'n wêreldwye feministiese beweging begin.Cradock was die laaste plek in Suid-Afrika waar wapens neergelê is aan die einde van die Suid-Afrikaanse Oorlog, vier dae later is die Vrede van Vereeniging onderteken.Victoria Manor was die tuiste van die Britse Sherwood-offisiere tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog. Die Kelder in die hotel is tydens die oorlog as Boere-gevangenis gebruik.Beroemde besoekers aan Cradock sluit in:Jan Smuts het na Cradock gekom om 'n totale sonsverduistering te aanskou, met Cradock die beste plek om dit te besigtig. Hy het op 'n koppie op die plaasheiligdom gestaan, wat destyds aan Bobby Millar behoort het. Hy was geskeduleer om om 10:00 vm. per vliegtuig in 1942 te arriveer. Hy was bewus van veiligheidsgevare en het dus eerder die trein gevang. Hy het per motor by die landingstrook aangekom, wat beide die toeskouers en beamptes verstom het.Koning Edward die VIII het die Cradock-gebied in 1925 besoek. Voorheen bekend as die Prins van Wallis het hy by die Cradock-stasie aangekom en die skare kortliks toegespreek. Sy hand was verbind omdat sy hand seer was omdat hy so baie mense se hande geskud het. Hy het koning Edward die VIII in 1936 geword, maar moes abdikeer omdat hy met mev Simpson getrou het wat twee keer geskei was.

Lees meer

Kamdeboo

Die woord Kamdeboo se oorsprong is ook uit die Khoekhoe-taal. ’n Paar moontlike betekenisse doen die ronde, wat “groen hoogtes” en “groen poel” insluit, en sommige praat van “groen seekoeipoel”. !am !gam, !cam, !kam – is almal woorde wat na die kleur groen verwys van die stamme wat in die omgewing was.Die algemene aanname is dat die groen na die spekbome verwys wat volop in die streek is. Hul heldergroen kleur is duidelik sigbaar, veral teen die berghange. Die eerste plek waar ek Kamdeboo (Camdeboo) op ’n kaart kry is in Sir John Barrow se joernaal van die reis deur Suider Africa van 1797 – 1798 Bronne:An account of travels into the interior of Southern Africa, in the years 1797 and 1798 deur Barrow, John, SirNotes on Khoekhoen Place Names deur P. Raper - South African Journal of Science Vol. 75 October 1979 pages: 448 -451Toponymica Hottentotica deur G.S. Nienaber & P.E. RaperRecognition, Regulation, Revitalisation - Place Names and Indigenous Languages - Proceedings of the 5th International Symposium on Place Names 2019 – Editor Chrismi-Rinda Loth

Lees meer

Kameraadskap-kunsprojek

Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk. As een mens val, kan sy vriend hom ophelp. - Prediker 4:9-10Kameraadskap is ’n woord wat nie baie gebruik word nie, maar dis iets wat ’n basiese behoefte van menswees is. Ons Karoo en Kontrei is op ’n missie om dit op ’n praktiese manier weer by mense aan te wakker. Hoewel dit ’n basiese behoefte is, word dit nie meer in vandag se gejaagde lewe uitgeleef nie.Aan die begin van 2023 het Ons Karoo en Kontrei kunstenaars in die Karoo en omliggende platteland gevra om ’n kunswerk met die tema “Kameraadskap” te skep. Foto’s van dié kunswerke is daarna op ’n webwerf gelaai en die publiek kon vir die topkunswerke stem wat Ons Karoo en Kontrei op toer geneem het om die praktiese deel van kameraadskap uit te leef. Die kunswerke is by ses verskillende feeste uitgestal. Dit is iets wat een kunstenaar beswaarlik op sy eie kon doen, maar as ons saam werk kan ons groter projekte van die grond af kry.Deel van hierdie projek was om geld in te samel vir ons droogtehulp-inisiatief. Hierdie inisiatief is so bietjie anders as die standaard-droogtehulpprojekte. Sekere dinge moet nog in plek val, en dit neem tyd. Ons werk steeds daaraan en gaan die kunstenaars wat by die Kameraadskap-kunsprojek betrokke was, weer nader wanneer die res van die plan in werking tree, wat volgens beplanning in 2024 sal wees.Dankie aan elke kunstenaar wat aan die Kameraadskap-kunsprojek deelgeneem het. Dit was ’n voorreg om jul kunswerke so wyd uit te stal.

Lees meer

Kamieskroon dorps naam

Die dorp Kamieskroon het sy naam gekry as 'n kombinasie van die Kamiesberge en die Kroonkop bergtop wat vanuit die dorp sigbaar is, en natuurlik soos 'n kroon lyk.

Lees meer

Kapokbos

Die Kapokbos is maklik herkenbaar aan sy donsies. Wanneer donsies verskyn is sterk verwant met reënval so somer en winterreënvalstreek verskil. Die genus naam van die Kapokbos is Eriocephalus en uit Grieks afkomstig; erion, = wol en kephale, = kop; wat verwys na die kenmerkende wollerige vrugknoppe.Die volksnaam Kapokbos is baie opvallend as jy eers deur die Karoo gery het as dit gekapok/sneeu het. In die fotos het ons vir julle ’n voorbeeld van hoe kapok lyk op die bossies in die veld. En as mens dit vergelyk met die Kapokbos self verstaan jy baie gou waar hy sy naam vandaan gekry het. Daar is 'n verskeie familielede, Gewone Kapokbos, Doringkapokbos Karookapok, Boegoekapok en verskeie ander, elkeen met sy eie waarder. Partykeer word daar na die Kapokbos verwys as Wilde Roosmaryn, en mens kan die verwantskap sien en ruik, maar die Roosmaryn wat jy in die winkel koop en Wilde Roosmaryn is nie familie nie. Tog is die gebruik van die Kapokbos in kos ’n algemene gebruik gewees deur die Khoi-San. Eve Palmer verduidelik dat sy net die takkies onderstebo hang om droog te word en gebruik dan die Kapokbos se droe blare soos enige ander kruie in jou kombuis, en kan maklik dien as plaas vervanger vir Roosmaryn. Interessant is dat die Kapokbos een van die bossies is wat geïdentifiseer is as die kos waaraan die skape in die Karoo veld wei wat Karoo vleis daardie geurige smaak gee. Die Khoi-San het die Kapokbos ook vir verskeie mediese redes gebruik, soos om sweet en die vloei van urine te verhoog, en soms as koue- en koliekmiddels. Dit stimuleer blykbaar haargroei ook, wat ironies genoeg ook ’n kenmerk is van die regte Roosmaryn. Daar word ook vertel dat die donsies geoes is om kussings mee te stop. Die heerlike geur, maar tog strek is afweer middel vir vlooie en luise. Eriocephalus punctulatus word ook Cape Chamomile genoem en internasionaal gebruik as ‘n essensiële olie. Vir die wat meer wetenskaplike inligting soek, daar is ‘n hele thesis wat iemand gedoen het om die chemiese waarde van die gene uiteen te sit, baie interessant. En net weereens herinnering dat ons eindelik nog so min weet van al die wonderlike plante wat hier in ons veld groei. Bronne:Anon., 2023. Nama-Karoo Plants and Veld phone application, s.l.: Loaraine Van Den Berg.Anon., n.d. [Online] besoek 12 Jan 2024 Available at: https://pza.sanbi.org/eriocephalusAnon., n.d. Plant names. [Online] besoek 12 Jan 2024 Available at: https://www.plantnames.co.za/genus_family.php?family=18Njenga, E. W., 2005. The chemotaxonomy, phylogeny and Biological activity of the genus Eriocephalus l. (asteraceae), Johannesburg: Thesis, University of the Witwatersrand.Palmer, E., 1985. In: The South African Herbal . Kaapstad: Taferberg.Wyk, B.-E. v., Available online 25 July 2008. A review of Khoi-San and Cape Dutch medical ethnobotany, s.l.: Journal of Ethnopharmacology.

Lees meer

Karoo Aasvoël Veilige Sone

Gedurende die middel van die 20ste eeu was dit nie ongewoon om aasvoëls oral in die Karoo te sien sweef oor plase opsoek na karkasse van skape, beeste of perde om te vreet nie. Binne die afgelope 50 jaar het die Kaapse aasvoël (Gyps coprotheres)-bevolking wat in die Karoo woonagtig is tot die punt gedaal dat die enigste individue wat gesien word, dié is wat in die somermaande verken en slaap. Alle historiese broeiplekke is sedertdien verlate.Soos met baie ander spesies, word aasvoëls, meer dikwels as nie, deur antropogeniese bedreigings geraak. Dit sluit in risiko's van botsings of elektrokusie deur energie-infrastruktuur, verdrinking in plaasreservoirs, loodvergiftiging en, die mees prominente bedreiging in Afrika op hierdie tydstip, vergiftiging met behulp van landbouchemikalieë. Vergiftiging kan óf opsetlik óf onbedoeld wees, maar albei het die potensiaal om dosyne, indien nie honderde, aasvoëls in 'n enkele gebeurtenis dood te maak.Opsetlike vergiftiging word gedryf deur stropery en muthi-gebaseerde geloof waarvoor aasvoëls die beoogde slagoffers is. Sentinel vergiftiging is die naam wat gegee word aan die optrede van vergiftiging van aasvoëls om te verhoed dat hulle anti-stropery patrollies en veldwagters waarsku oor die teenwoordigheid van 'n karkas. Die vergiftiging van aasvoëls vir die muthi-gebaseerde handel word gedryf deur die oortuiging dat 'n mens heldersiende talente sal ontvang deur aasvoëlbreine te eet, soos om die Lotto-getalle te ken.Onopsetlike vergiftiging is die breë term wat gebruik word om voorvalle te beskryf wanneer aasvoëls slagoffers word van gifstowwe wat gewoonlik gebruik word om ander ‘probleemdiere’ te teiken, soos roofdiere wat vee doodmaak of herbivore wat gewasse beskadig. Aasvoëls kan óf vreet op die vergiftigde karkas wat vir die roofdier bedoel is en primêre slagoffers word óf vreet op die dier wat die vergiftigde aas geëet het en sekondêre slagoffers word. Hoe dit ook al sy, aasvoëls staar 'n groot bedreiging van gifstowwe in die landskap in die gesig, of dit nou vir hulle bedoel is of nie.Om hierdie bedreigings en hul onderliggende oorsake te verstaan, is die eerste stap om hulle uit die landskap te verwyder en die vinnige tempo waarteen ons aasvoëlbevolkings daal, te vertraag. Die afgelope dekade het grondeienaars rondom Graaff Reinet en nabygeleë dorpe die belangrikheid van aasvoëls in die ekosisteem besef en maniere gevind om die verlore bevolking van Kaapse aasvoëls te herstel. Na 'n paar jaar en baie gesprekke het belanghebbendes bymekaar gekom, en die Karoo Aasvoël Veilige Sone-projek is gebore.Aasvoëlveilige sones is 'n bewaringsaksie onder die Multi-spesie-aksieplan om Afrika- en Eurasiese aasvoëls te bewaar. Dit is gespesifiseerde geografiese gebiede waarin vennote geteikende bewaringsmetodes gebruik het om sleutelbedreigings vir relevante aasvoëlspesies aan te spreek en bestaande bewaringspogings soos monitering en rehabilitasie aan te vul om bevolkingsherstel en stabilisering te bevorder.Die Karoo Aasvoël Veilige Sone (KVSZ) is 'n projek waarin Karoo-boere en ander grondeienaars saamgewerk het met die Trust vir Bedreigde Natuurlewe, die Rupert-natuurstigting, Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke), die Bergsebra Camdeboo-beskermde omgewing en die SANParke Erebewys Veldwagters. Die projek het ten doel om met vennote saam te werk om 'n veilige gebied oor 23 000 km² van Cradock tot Beaufort-Wes te skep, wat beskermde gebiede soos die Bergsebra Nasionale Park, die Camdeboo Nasionale Park, die Karoo Nasionale Park en die Bergsebra Camdeboo-beskermde omgewing insluit. Ons langtermyndoelwit is om Kaapse Aasvoëls terug te moedig na hul historiese kuier- en broeiplekke in die Groot Karoo en uiteindelik hierdie populasie te herstel deur 'n Aasvoëlveilige Sone (VSZ) te vestig wat hierdie sleutelbeskermde gebiede verbind.Die projek het twee fases. In Fase Een tree ons aktief in gesprek met grondeienaars in die beskermde gebied deur opnames te doen om die bedreigings vir Kaapse aasvoëls op individuele eiendomme te identifiseer. Sodra hierdie bedreigings geïdentifiseer is, betree ons Fase Twee, waartydens ons aktiewe versagting van hierdie bedreigings implementeer deur saam met grondeienaars te werk om hul eiendomme bedreigingsvry en 'aasvoëlveilig' te maak. Die twee fases word in tandem voltooi en werk met individuele grondeienaars regdeur die proses om te verseker dat sodra die opname voltooi is, versagting feitlik onmiddellik kan begin. Dit is belangrik om daarop te let dat die proses waardeur ons met grondeienaars gaan om eiendomme aasvoël te maak, tyd neem en aansienlike werk van natuurbewaarders en grondeienaars vereis. Die proses vereis ook samewerking met elektriese infrastruktuur-nutsdienste om te verseker dat kraglyne en soortgelyke voëlveilig is en versag word om sterftes en beserings van botsings en elektrokusies te beperk.Die eerste opname is in Augustus 2020 voltooi, vertraag deur die COVID-19-pandemie en die daaropvolgende sluiting. Meer as 70 grondeienaars het ingeskryf om hul eiendomme op 'n aasvoëlvriendelike wyse te bestuur, en baie meer stel belang. In Maart 2021 is meer as 500 000 hektaar daartoe verbind om aasvoëlveilig te word. Een van die mees impakvolle maniere om sukses in hierdie projek te behaal, is deur bewustheid te skep en te verseker dat dit gesien word vir wat dit is: 'n manier om met grondeienaars saam te werk om 'n veilige landskap vir die aasvoëls te skep. Ons is nog in die vroeë stadiums van hierdie langtermynprojek en werk onverpoosd daaraan om bedreigings vir Kaapse aasvoëls en baie ander spesies in die Groot Karoo te versag. In Augustus 2021 was die eerste eiendom wat as Aasvoëlveilig geklassifiseer is, met baie ander wat besig was om dit te word. Waarnemings regdeur die projekgebied is aangeteken, waarvan sommige soveel as 70 voëls in 'n waarneming ingesluit het.Met die verbintenis van grondeienaars tot hierdie projek en die feit dat dit in die eerste plek hulle was wat dit begin het, hoop ons dat die Kaapse Aasvoël binnekort weer die landskappe van die Karoo sal pryk.Vir meer inligting oor die Karoo Vulture Safe Zone-projek, kontak asseblief vir Danielle du Toit by e-pos: danielled@ewt.org.za

Lees meer

Korbeel geboue

’n Korbeel huis, ja korbeel nie bordeel.... is ’n gebou wat in sy geheel uit klip gebou is, insluitend sy dak. Hierdie gebou kom wyd verspreid deur die Hardemans-Karoo en grensgebiede voorkom. Hulle was gebou tussen 1820 en 1880 . Die oorspronklike bou metode kan wel duisende jare terug getrek word en kan gevind word regoor die Middellandse See-Europa - Griekeland, Kroasië, Frankryk, Spanje en Italië. Daar is die moontlikheid dat vroeë setlaars, wat reeds vertroud was met die klipwonings in Suid-Frankryk, of dalk in Italië, na hierdie dorre deel van Suid-Afrika gekom het, en soortgelyke rondawels hier gebou het. Tog het die Sothos 'n tradisie gehad om in die Vrystaat en noord van die Vaal in die Marico-distrik klein gordelhutte van klip te bou. Daar is dus 'n aantal teorieë oor die oorsprong.Hardemans-Karoo word so genoem, want hierdie is ’n harde wêreld. Plantegroei is beperk, en bome uiters skaars, so om hierdie klip geboue te bou in ’n area waar klip volop is, was baie prakties. Die trekboere het ’n nomadiese leefstyl gevoer en het meestal in hul waens of matjieshuise (aangeneem uit die Khoekhoe kultuur) en tente gewoon. In later jare toe trekboere eiendom kon besit het hulle opstalle begin bou, en as gevolg van beperkte hout is die korbeel klip huise gebou. Meestal was ‘n opstal begin met ‘n korbeel gebou wat bestaan het uit ‘n enkele vertrek. Die gebou was gewoonlik sirkelvormig, met 'n binnedeursnee van tot 5 ½ meter, hoewel 'n paar reghoekig was. Die mure, ongeveer 78cm dik styg vertikaal tot 'n hoogte van ongeveer 1,8 tot 2 meter en buig dan geleidelik na binne totdat hulle amper by die toppunt ontmoet waar die finale opening deur 'n groot plat klipblad toegemaak word.Om die dak is klippe wat uitsteek, gewoonlik met intervalle van 3 rye, al is daar soms net twee, en in die grootste hut op Stuurmansfontein (in Carnarvon distrik) is daar vier rye klip. Hierdie klippe dien as trappe en ankers vir steierwerk en is ongetwyfeld deur die bouer gebruik tydens die oprigting van die hut, maar dit is steeds nuttig wanneer herstelwerk gedoen word of wanneer die gebou afgewit word.Hierdie boere het die meeste van hul tyd buite deurgebring. Al die funksies van die huis en plaas het aangewese plekke op die werf gehad: krale, 'n kookskerm (gewoonlik aan die voorkant en aan die kant van die huis sodat rook nie binne waai nie), die bakoond, die plek waar seep gekook was, leer looi, en ander. Die binnekant, bestaande uit 'n enkelkamer, het ook geen privaatheid gebied nie. 'n Mens het direk in die middel van die huis ingestap.Met tyd is daar kamers aangebou, maar die kamers was nie met deure in die binnemure verbind nie, maar almal se deure het na buite gewys. Om deur die klip mure te breek was nie net ’n moeilike taak nie, maar het ook die sterkte van die struktuur beïnvloed. Os velle was eers gebruik as deure en vensters tot daar hout per ossewa by hulle aangekom het vanaf Beaufort Wes. Die vloere was gesmeer met 'n mengsel van klei en beesmis en met 'n klip glad gevryf. 'n Mengsel van osbloed en vet was gebruik om die vloer te kleur en poleer. In die muur was daar gewoonlik ‘n bêre-plek rak ingebou waar belangrike items soos die Bybel en medisyne gehou was. Daar was ook partykeer ook 'n aantal growwe balke wat gestrek het tussen die mure om vleis te droog of klere op te hang. 'n Ongewone kenmerk is die gebruik in byna elke hut van horings van beeste of skape of die horings van bok as muurpenne. Buitemure wat met pleisterwerk en dan kalk afgewit was, was 'n kenmerk wat status.‘n Hele paar van die korbeelhuise is as Nasionale Monumente geregistreer en daar is ook ‘n paar wat as gastehuise dien. In Carnarvon in die midde dorp staan ‘n halwe korbeelhuis waar mense kan sien hoe ‘n korbeel huis lyk. Ook as jy met die R63 Williston toe ry van af Carnarvon, so 40km voor Williston is ‘n afdraai na Banksfontein wat regs uit draai. Volg die pad vir ongeveer 900m en dan sal jy nog ‘n volledige voorbeeld van ‘n korbeelhuis sien.Bronne:Corbelled Buildings as Heritage Resources: In the Karoo, South Africa (besoek 23 Des 2023)Vernacular Architecture Society of South Africa - Number 17 June 2007 (besoek 23 Des 2023)One most fascinating architectural features whole Southern Africa (besoek 23 Des 2023)The History, Form and Context of the 19th Century Corbelled Buildings of the Great Karoo - Thesis by Patricia Anne Kramer

Lees meer

Ons Karoo en Kontrei Kaart

Streeksname is toe al die tyd ’n baie kontroversiële onderwerp. Van hierdie name kom reeds saam met die ontdekkingsreisigers vanuit die laat 1700’s, vroeë 1800’s. Hulle het die name op hul kaarte geskryf, maar daar is nooit ’n duidelike lyn op ’n kaart getrek van waar die grense strek nie. In daardie tyd reeds het die kaarte se streke ook nie ooreengestem nie. ’n Ander feit om te onthou is dat baie van die streke hul naam gekry het na aanleiding van sekere plantegroei of natuurverwante verskynsels. Nou, honderde jare later, het die plantegroei van die streke verander. ’n Mens neem aan die streek se “grense” het ook verander.Net soos daar verskillende menings is oor waar die streeksgrense is, so is daar verskillende menings oor waar die name vandaan kom. Tydens die ontwikkeling van die kaart is met baie mense gepraat wat in die streke woon om sodoende die plaaslike inwoners se menings te kon inwerk. En onthou 'n dorp self lê in 'n distrik. Die distrik area is wyd en val gewoonlik in meer as een streek. Hierdie is ongetwyfeld nie ’n streng akademiese kaart nie, meer ’n kaart om jou naastenby te wys waar die streke lê waarvan ’n mens in soveel gedigte en liedjies hoor.Jy kan nou hierdie kaart koop by verskeie padstalle in ons area. Sien die lys hier onder.As jy 'n paddstal besit in ons area en ook die kaarte wil verkoop, kontak ons by adri@onsknk.co.za Padstalle waar jy die kaart kan koop:Kry hulle hier

Lees meer

Richmond se oorsprong

P.J. van der Merwe se plaas Driefontein, wat op die oewer van die Onregs Rivier geleë was, was in 1843 as ‘n geskikte plek identifiseer om ‘n dorp te stig. En soos die plaas naam vir ons vertel, was daar drie fonteine op die plaas, en water is waardevol in die Karoo. Die eerste plotte was verkoop op 19 April 1845. Die dorp se mense het die Goewerneur van die Kaap kolonie (1844 tot 1847) Sir Peregrine Maitland gevra of hulle die dorp na hom kan vernoem, maar hy het die versoek van die hand gewys en voorgestel hul vernoem die dorp na die Hertog van Richmond, die vader van Lady Sarah Maitland, sy vrou. So kry Richmond in Oktober 1845 amptelik sy naam. In 1848 word die dorp ‘n magistraat distrik en in 1854 word die dorp ‘n munisipaliteit.Bronne:Bulpin, T., 1992. Discovering Southern Africa. Fifth Edition ed. Muizenberg: Discovering Southern Africa Productions .Nell, L., 2008. The Great Karoo. Cape Town: Struik Publishers.Schoeman, C., 2013. The Historical Karoo. Capetown: Zebra Press.

Lees meer

Singkoppe se storie

Hierdie koppies wat vanaf die noorde uitkyk oor Williston het sy naam as Singkoppe gekry nadat Mnr Beineke om en by in die 1845’s die inisiatief geneem het om ‘ voetpad tot op die kruin van die suikerbrood vorminge koppie uit te lê. Onder sy leiding was daar ‘n weeklikse sangfees op die kruin van die koppies gehou. In die depressie jare word daar vertel dat daar Ou Kersaand Kersliedere van af die Singkoppe gesing isBron: Die Amandel breek oop 1845 – 1995 deur Elsa van Schalkwyk Vind die Singkoppe hier

Lees meer

Spandaukop

Die doleriet koppie van 1315m hoog suid van Graaff Reinet staan bekend as Spandaukop. Die kop is so benoem deur ’n Pruissiese (later Duitsland) soldaat, Werner. Hy het gesê die koppie laat hom dink aan die Spandau Citadel ’n fort in Berlin (Duitsland).Henry Lichtenstein skryf oor Spandaukop saam met sy vertellings van hul ervaring op pad na Graaff Reinet en hoe hulle in die aand met hul ossewaens moes reis om die leeus in die omgewing te vermy. Die doleriet verweer baie stadiger as sedimentêre gesteentes. Dit lei tot die vorming van ikoniese erosie formasies in die vorm van 'tafelberge' met 'n plat toppe en skerppuntige keëlkoppies. Spandaukop is 'n goeie voorbeeld van so ’n keëlvormige koppie.Bronne: Discovering Southern Africa - Author: T V Bulpin. Publishers: Discovering Southern Africa Productions cc, Muizenberg, 2001. Travels in Southern Africa in the years 1803, 1804, 1805 and 1806 by Henry Lichtenstein Published by Becket and Porter, London, 1814 https://www.mindat.org/loc-43089.html# (besoek 21 Desember 2023).https://sahris.sahra.org.za/sites/920330024 (besoek 21 Desember 2023) https://elevation.maplogs.com/poi/graaff_reinet_south_africa.514475.html (besoek 21 Desember 2023)

Lees meer

Standaard reëls, bepalings en voorwaardes vir Bossie Goud Skattejag

Hierdie reëls vorm die amptelike reëls van die kompetisie. Hulle sal alle aspekte van die kompetisie beheer, tesame met enige amptelike kommunikasie wat daarmee verband hou. Neem asseblief ’n oomblik om jouself met hierdie reëls te vergewis. Deur deelname stem jy in dat hierdie reëls van toepassing is op alle aspekte van jou verhouding met die kompetisie, die kompetisieverwante agente en die promotor. Hierdie reëls kan slegs deur die promotor gewysig word na goeddenke, deur skriftelike hersienings te plaas op die kompetisiewebwerf of enige ander potensiële amptelike kompetisiekommunikasieplatform wat redelikerwys die meerderheid van potensiële deelnemers sal bereik. Deelname:Die kompetisie word deur die promotor, Ons Karoo en Kontrei, in samewerking met deelnemende sakeondernemings en organisasies bedryf.Geen werknemers of naasbestaandes van bogenoemde besighede en organisasies kwalifiseer om enige pyse te wen nie.Hierdie kompetisie is slegs oop vir wettige inwoners van die Republiek van Suid-Afrika.Om deel te kan neem moet deelnemer geregistreer wees op die Ons Karoo en Kontrei webwerf as Vriend. Registrasie:Registrasie as Vriend om deel te neem aan die kompetisie moet op die webwerf www.onsknk.co.za gedoen word.Regs bo in die oranje navigasiebalk is die profiel ikoon waarop jy kan druk en dan die stappe volg.Pryse: Pryse is nie oordraagbaar, kan nie vir kontant geag word nie en is nie onderhandelbaar nie.Pryse sal via ‘n Suid-Afrikaanse koerierdiens versend word.Ons Karoo en Kontrei aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore of beskadigde pryse na versending nie. Slegs Suid Afrikaanse burgers sal geregtig wees om vir ‘n prys te kwalifiseer.In die geval van onvermoë om die wenner te kontak, behou die promotor die reg om ‘n wenner oor te trek.Die promotor hou die reg voor om ’n prys van gelyke of groter waarde te vervang indien die oorspronklike prys nie beskikbaar is nie.Bykomende bepalings en voorwaardes kan van toepassing wees, waaraan die pryswenner moet voldoen.Seleksie van die pryswenner:Een wenner per kategorie sal lukraak gekies word uit 3 kategorieë. Die katetorieë gebaseer op punte ingesamel is: a) 250 – 500, b) 501 – 1000 of c) 1001 en meer.Enige vermoede of oneerlikheid aan die kant van ‘n deelnemer maak dat hulle nie vir die pryse in aanmerking kom nie.Pryswenner sal per telefoon of e-pos in kennis gestel word.Pryswenners kan versoek word om deel te neem and publisiteit wat met die kompetisie verband hou.Pryswenner gee toestemming vir die gebruik van hul naam en foto’s in enige advertensie- en promosiemateriaal vir die kompetisie.Aanspreeklikheid en Vrywaring:Ons Karoo en Kontrei kan nie verantwoordelik gehou word vir enige dienste of produkte wat deelnemers by die onderskeie besighede en organisasies kry wat in welke formaat ook al betrokke is by die kompitsies nie.Die deelnemer vrywaar (tot die maksimum mate wat deur die wet toegelaat word) die promotor, sy opvolgers, werknemers, beamptes, verskaffers, kontrakteurs, agente, konsultante, direkteure, aandeelhouers en ander geassosieerde partye onvoorwaardelik en onherroeplik teen alle verliese, eise, verrigtinge, aksies, skadevergoeding (direk, gevolglik of andersins), aanspreeklikheid, uitgawes, regskostes (op ’n prokureur en eie kliënt basis), mediese koste of ander koste wat direk of indirek uit deelname aan die kompetisie mag ontstaan, insluitend opsettlike wangedrag of nalatige handeling of versuim aan die kant van enige sodanige persoon. Die promotor behou die reg voor om die kompetisie na goeddenke te verander of te kanselleer, sonder verhaal. Algemene reëls:Deelnemers moet slegs ongeredigeerde foto’s op die webwerf laai.Betaalstrokies wat afgeneem word, moet die oorspronklike kwitansie wees wat deur die deelnemer self verkry is as bewys vir produkte/dienste wat persoonlik tussen 23 Mei 2024 tot 31 Mei 2025 gekoop is.Oortreding van hierdie reëls of oneerlikheid aan die kant van die deelnemer kan gediskwalifiseer word volgens die promotor se diskresie.Die beslissing van die beoordeellaars is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.Suid-Afrikaanse wetgewing beheer die kompetisie.Die promotor behou die reg voor om enige aspek van die kompetisie te eniger tyd te kanselleer of te verander na eie goeddenke, sonder aanspreeklikheid.Deelnemers stem in tot die versameling en gebruik van persoonlike inligting vir kompetisiedoeleindes, in ooreenstemming met toepaslike privaatheidstellings.Hierdie kompetisie word onder die bepalings van toepaslike privaatheidsverklarings uitgevoer. Hierdie bepalings en voorwaardes is onderhewig aan verandering volgens die promotor se diskresie

Lees meer

Swartbergpas Geskiedenis

Thomas Bain was 'n baie interessante man met 'n verskeidenheid stokperdjies van skets tot plantkundige, maar waarvoor hy bekend is, is die passe wat hy in Suid-Afrika gebou het. Hy het die Swartbergpas amper aan die einde van sy loopbaan gebou, so sy ervaring en kundigheid wys in die bou van die pas. Hoewel Bain die oorspronklike ontwerp vir die regering in 1879 gedoen het, was die eerste bouer Jan Tassie. Hy het in 1881 met bouwerk begin maar na 13 maande was hy bankrot. In September 1883 neem Thomas Bain die bou werk oor, en voltooi dit in November 1886. Die amptelike opening van die pas was op 10 Januarie 1888. Die pas is gebou met die gebruik van pikstele, grawe, voorhamers, koevoete, kruiwaens en kruit. Rotse is gebreek deur dit met vuur te verhit en dan met koue water oor te spoel. Rotse is met voorhamers in kleiner stukke gebreek en toe versigtig perfek inmekaar te pas sonder sement. Die droëmuurmetode van konstruksie is gebruik om die indrukwekkende keermure te bou wat die pad teen die steil hellings ondersteun het. ’n Eeu later wonder reisigers steeds oor hierdie prestasie. Aan die suidekant is daar 'n stuk waar die keermuur 2,4 km lank is sonder onderbreking. Die pas is 23,8km. Die Swartberg Natuurreservaat is groot, omtrent 180 000 hektaar en bied stap roetes, piekniek plekke met mooie uitsigte, 4x4-roetes, voëlkyk, en vele meer. Bronne: Fransie Pienaar Museum Mountain Passes South Africa Komnick, P. S. (1984). A Colossus of Roads - Thomas Bain. Cape Town: Murray & Roberts/Concor.

Lees meer

Voëls van die Karoo

'n Basiese voëlgids van die voëls wat in die Karoo voorkom deur BirdLife Suid-AfrikaDie werk is gebaseer op navorsing wat uitgevoer is tydens die BirdLife Suid-Afrika se “Karoo Birds Research and Conservation Project” wat moontlik gemaak is deur ‘n skenking van Mev. Gaynor Rupert aan BirdLife Suid-Afrika. Daarbenewens het die projek ook saamgewerk met die SANBI BioGaps-projek, ondersteun deur National Research Foundation of South Africa (Toelaagnommer: 98864), toegeken deur die Foundational Biodiversity Information Programme (FBIP), ‘n gesamentlike inisiatief van die Departement van Wetenskap en Tegnologie (DST), die National Research Foundation (NRF) en die South African National Biodiversity Institute (SANBI).Laai PDF af

Lees meer